Pages

Monday, 21 July 2014

(I) Passive in Battle




The lady in front of me battles with so many issues in her life, and with no real progress on any of them. As we have agreed to work with the truth as far as we understand it, I venture on the next stage of our journey together:  “I suspect that you have less of a problem with depression than with passivity.”
“I am not lázy!”, the poor woman exclaims in shocked disbelief, as we look each other squarely in the eye.
“No, you are not lazy. That is not what I meant when I suggested that you’ve got a problem with passivity. To be passive, means that you have disengaged in the active, honest response to your life’s struggles and challenges. You follow the path of least resistance, which leads you into your comfort zone of doing what comes naturally, without effort or challenge, even if it is not a pleasurable place for you to be in."

Of course, there can and often is a link between passivity and laziness which I wouldn't deny. But in the case of this woman, and many others I've had the privilege to work with in the past, I am convinced that there is a clear distinction.

Passivity is a good recipe for maintaining the status quo : a down spiral of the féélings of guilt, inadequacy and failure, and of course, even depression. ‘Panic, feeling down, unmotivated’ are emotions frequently described by people in this disposition. So, if we want to reap the same results, we must stick to this recipe. I don’t want to give the impression that this is the only aspect that must be addressed or is applicable to this state of mind. That would over simplify the matter greatly. But I do want to use it as an example to stress the importance of working on an active mind and attitude and to learn how to teach that to our children. This is something that should be regularly attended to and practiced from childhood, which sadly doesn't get the attention it merits.  

A mind left in 'automatic mode', finds its own disorderly way and will not submit to control easily, from without or from within. It will tend to submit to the random thought popping in from 'nowhere' or from observed/experienced circumstances, or to emotions of the moment, to what fééls good, comfortable and familiar, or what is the way of least resistance. It is a mind that can be described as "full of wandering thoughts... (or the)... imagination inflamed, or it is heavy, passive or sluggish and unusable. It is practically out of your own control and is uncontrolled by God." * 

Is this what we want for ourselves and for our children?
Shall we allow ourselves and them to stay stuck in feelings and emotions, not understanding that there is a way out, and how?

A passive mind is, spiritually spoken, actually one manifestation of the mind of the 'old man', which should be renewed , according to Eph 4:22&23.

Therefore passivity in mind and consequent behavior is a recipe :
#  to neither think things through,  
#  nor to hold, apply and express the truths it has already heard of
#  to create feelings of hopelessness, confusion, inner anger and despair – some of the symptoms of
    what is commonly diagnosed as the 'disease of depression'
#  to be prejudiced over truth
#  to not perceive spiritual matters or discern the will of God clearly 
#  to lead us away from the path of active obedience and service to God 

An active mind must be 
#  obtained at the cross for a christian, where the old man with all his faculties must die/ be put off, as
     our text says, and the new man can be born/be put on in the newness of all its faculties (e.g. Eph
     4:22/23)
#  practiced continuously, so that we can think through problems and feelings and experiences, in the
    light of Gods Word. In this process we search for root causes truthfully and pray through these
    things carefully. 
    This is how we start to engage in a specific kind of spiritual warfare and should start to teach
    that to our children as well. To them, their battles and challenges are as real and as difficult as we
    experience ours.
     Battles are fought individually, yes, but they are not fought alone. Soldiers stand next to each
     other, plan to strategically manoeuvre together, helping each other to not become inactive and
     ineffective

Let's take our children's hands and teach them not only that life out there is hard and not always fair, and that we can even be our own worst enemies within ourselves, but also how to handle this life. 
Peter demands in his first letter (1:13) : "Gird up your minds, be sober, set your hope fully upon the grace that is coming to you at the revelation of Jesus Christ."

So, hów do we do this thing called life, in this way??

* We start by studying Gods Word and applying it faithfully. This requires discipline and practice – and utilizing the armor of God. 
“Trying to do things in my own strength, doesn’t work, and just allows me to stay stuck,” our dear lady rightly admitted after understanding what I tried to explain to her in this regard. 
* This also requires the risk of leaving our comfort zones, as uneasy as it might be, and confront unpopular truths like ‘resist’ and ‘sin’, not only once, but again and again.

To lead this dear sister to the realization of what she herself eventually describes as : “My heavenly Father knows what the problem is, and I must take everything to the cross, and I must actively RESIST this enemy…”, isn’t easy, but rewarding and delightful for both of us.

This can be the same regarding our children. 

Will you join hands and approach the battlefield with me - for your own sake, for their sake, and ultimately for the sake of our Lord who showed us HOW? Before you answer, this requires courage and commitment, and honesty. So, while you consider this, we leave the practical side for a future post. 




* The Battle for the Mind, by Jessie Penn-Lewis. p 12





'n Hand Vol Jammerte




Die afgelope 2 weke was 'n tyd van intense dreinering met 'n aansteeklike griep wat ons hele huishouding lam gelê het, soos wat die domino-effek een gesinslid na die ander neergefel het. Gelukkig is dit nie dodelik nie, hou jy aan vir jouself sê, terwyl jy voel of 'n soort dood tog iewers lê en loer en langsamerhand alle reserwekragte en -mense  uitsuig…

Ons ken dit almal, hierdie tye van stilstand en verwondering oor hoe skielik en maklik ons planne tot niks kom nie en ons in hulpelose afwagting uitreik na ankers en bronne buitekant onsself. En as ons stadig begin opstaan uit die verydelde doelwitte vir 'n vakansie en kuier van geliefdes, maak een duidelike baken van onderskeiding  sin : die ervaring het ons onteenseglik verander, ten goede.     
Dit het ons lewe verruim.

Hoe is dit moontlik?
  
Ons deernis en meelewing met ander se klagtes en swaarkry het intussen aansienlik vergroot, en  ons afhanklikheid van God het in enkelvoudigheid gegroei . Enkelvoudig? Ja. Want ons begin noodgedwonge bely :
U ALLEEN      is in staat;
is my hartsverlange;
is vir my genoeg;
is my toevlug;
kan my dra en red en behoue laat deurkom…

Die enkelvoudige Jesus duld nie kompetisie, of opposisie, of 'n mindere plek nie. Wanneer jou asem vlak lê en niks anders skyn te help nie, dwing die erkenning oor jou trotse, stywe lippies :             
  “Net U is die Een deur wie ons lewe, beweeg en bestaan…”

Ek lees in dié tyd Mark 1:40 & 41 :
       Daar kom toe ‘n melaatse man na Hom toe wat smekend op sy knieë voor Hom neerval en vir Hom sê: ‘As U wil, kan U my gesond maak’.
       Jesus het  hom innig jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: ‘Ek wil, word gesond!’

It is owing to His compassion for mankind that He had a hand with which to lay hold”,
 sê 'n Bybel-kommentaar oor hierdie verse.

Hoekom is dit vir ons so moeilik om ons aan Sy kragtige hand te onderwerp?, verwonder ek my opnuut
voor die wonder van Jesus. 'n Hand so vol medelye vir menslike lyding, so vol erbarming in ons
eensaamheid, so vol vriendelike aanvaarding en koel genesingskrag op 'n warm wond, so vol mag in ons
onmag, so vol liefde en sorgsaamheid in ons ankerlose verlorenheid.

Sy hand kan nie anders wees nie, want Sy hart kan nie anders voel nie, sê die teks.

Ken ons Jesus so, in ons huise?
Is Hy vir ons genoeg, of wil ons Hom hê, PLUS…?

Wil ons nog eers ons eie idees laat geld, ons eie planne realiseer en Hom inspan om ons stuurjonge te wees
na geluk en self-gelding? Dan het ons ons nog nie aan Sy hand onderwerp nie – soos 'n hulpelose sieke wat
nêrens anders meer het om heen te draai nie, en net in afhanklikheid buig onder daardie uitgestrekte hand
wat aanraak en streel. 

Kén ons dié  hand van Jesus? 

Dit is nie 'n hand wat aan almal bekend is nie.
Net 'n uitverkore groep wat hulself  ‘kinders’ kan noem, ken en herken daardie koel aanraking op 'n koorsige voorkop, op 'n kloppende seer.
Net die onderworpe gesindheid van knieë wat voor Hom buig en bely : “As U wil…nie my wil nie…”,
herken die vreugde van Sy uitgestrekte greep met die blye bevestiging :
“Ek wil…nie jou wil nie, maar Myne.”

Ek vertrou dat dit nie nodig word vir baie van ons om eers 'n onbenydenswaardige 'melaatsheid' in een of
ander vorm op te doen, voordat ons na daardie heerlike hand gryp nie. Mag hierdie dae van baie siektes en
griepe en noodroepe, ons vinnig en effektief op ons knieë bring en ons laat inbuig onder die kragtige hand
van ons lieflike, magtige Meester!

Mag ons kinders en jongmense dit sien, en verlang na die reikwydte van Sy aanraking – van Sy hand alleen
Mag ons, en hulle, Sy aanraking so leer ken, dat dit vir ons genoeg word.





Tuesday, 1 July 2014

Wees versigtig en paraat met jou denke (2)

Nou ja, JV het die uitdaging aanvaar en haar 3-jarige begin oefen in begrip van sy denke. Presies wat hulle gedoen het, sê sy nie, maar die uitkoms kan julle breedvoeriger lees in haar comment op aflewering 1:


Na ek die post gelees het, het ons die week met Christiaan gesels daaroor. Ek het vir my man gese hy is nog nie 5 nie so hy sal nie alles verstaan nie maar ons oefen solank sy gedagtes...
Nou ja dis waarop ek en my man toe afkom: Groot sirkels met kleiner sirkels binne in die sirkels....En sy woorde is as volg : "Kyk ek het my en boetie en al my niggies en nefies se koppe geteken en binne-in ons dink-koppe! GROOT op ons slaapkamer muur! Soos ek vir my skoonsussies sê, ek was so dankbaar om te sien my kind het iets verstaan van die week se "les"...


(Net so tussen my en jou, Christiaan - daardie pak slae was oor en oor die moeite werd vir hierdie poging! Mag die waarheid oor jou dink-kop so in jou brein ingegraveer wees hierna, dat dit jou lanseer om insig te kry in die aktiewe hantering van jou lewe. Die tyd waarin ons leef, plaas kinders in outomatiese rat, waarmee hulle toelaat om, passief in hul denke, voortgesleep te word saam met die heersende rigting waarin die winde waai; of voortgesleep te word in 'n destruktiewe denk-patroon wat hulleself kweek en voed en waarvan hulle dan nie sonder 'n groot stryd weer ontslae kan raak nie.)

Om te vervolg waar ek opgehou het in aflewering 1 toe ek gesê het : "Om ons denke te beheer, moet ons net ietsie meer verstaan van die wonderlike meganisme en belangrikheid van die gedagtes (Engels MIND)."
Hier gaan ek dit probeer verduidelik in 'n skema.
(WARSKUWING : dis nie bedoel vir vlug-lees nie! Ons vrouens doen deesdae alles al hardlopende en meen ons kan so op belangrike waarhede ook fokus. Nee! Konsentreer, let op elke woord, dis uitgekies met 'n doel, en sorg dat jy dit verstaan en  jouself dan oefen om jou gedagtes te vul met selfs die detail. Jy gaan dit nodig kry in die toepassing van die waarhede, vir jouself en vir jou kinders, of andere wat jy langs die pad sal kan help.)
Dus :

(1) GEDAGTES  lei tot iets wat ek
(2) GLO.  Ek GLO dit net omdat ek van mening is dat dit WAAR is. Niemand glo immers iets wat hy meen 'n leuen is nie. En hierdie geloof lei tot iets wat ek op grond daarvan
(3) IS/DOEN (my aksies of dade)
                                                                                                                                                               
Dis die drie hoofstappe.
Kom ons rol hulle van agter af op, dan sien ons hoe dit in die praktyk vir ons werk, al is dit nie so meganies nie.

(3) Waarom doen ek wat ek doen? Waarom is ek bv so gedrewe/oorwerk/bekommerd/liefdeloos/vreesagtig/vol twyfel...?
(2) Want ek glo iets gaan gebeur/iets gaan nie gebeur nie/iets is waar,ens, wat my so laat optree. Wat laat my dit glo? Uiterlike gebeure mag die oorsaak wees, ja, maar my interpretasie daarvan - waar kom dit vandaan?
(1) Van 'n gedagte / 'n manier waarop ek daaroor dink, wat my ten opsigte daarvan posisioneer.

'n Skema het altyd sy beperkings, maar gelukkig ook sy voordele. Een daarvan is dat dit dinge vereenvoudig, en dis wat ons nodig het wanneer ons veral met ons kinders werk : eenvoud. En die vermoë om dit so oor te dra.

Ek hoop dit help met die volgende stap in die herkenning en oefening van gedagte-patrone.
Maar baie keer gly ons in die praktyk en vorder nie. Hoekom nie? Onder verskeie redes noem ek hier eers net twee:
(a) ons is te haastig - ons kultuur stel net belang in kits-oplossings, en nie in prosesse nie!
(b) tussen die drie hoofstappe, nl tussen stappe 1 en 2, en stappe 2 en 3, is daar telkens 'n stap wat ons maklik miskyk, maar wat aandag moet kry. Omdat ons hierdie tussen-in stappe nie raaksien en aktief aandag aan gee nie, besef ons nie hoe maklik hulle ons pootjie en goeie voornemens laat misluk nie.
Daaroor egter,volgende keer!








Saturday, 28 June 2014

Dinosourusse en ystydperk : miljoene jare gelede? (1)

Meline skryf 'n aanmerking nav die eerste blog wat my aan die hart gryp :

 Ek val nou sommer met die deur in die huis, want ek weet nie vir wie om eintlik te vra nie... 
 'n Vriendin het vir my gevra hoe dinosaurs en iets soos die "ice age" in God se skepping inpas as dit miljoene jare gelede was.  Dis iets wat ek altyd opsy skuif en nie probeer om vir myself uit te pluis nie, maar ek het gedink dat tannie dalk 'n antwoord sal hê want ek weet dat julle al sulke videos gekyk het daaroor...

En soos ek haar daar o.a. geantwoord het :
Wanneer jou vriendin die probleem formuleer, sal jy haar probeer help. Wanneer jou kind die probleem opper as 'n weselike probleem om nog in die God van die Bybel te glo, soos wat ons toenemend in die praktyk begin beleef in baie christen-gesinne, wat maak jy dan?
As jy tot nog toe 'gesmeul' het, begin jy skielik aan die brand raak!, kan ek jou verseker.
En julle mamma's met kinders in die huis wat nog baie beïnvloedbaar is, sal goed doen om betyds aan die brand te begin raak oor onderwerpe soos hierdie een wat jy nou aanroer. As jy nie doeltreffende inligting kan begin bekom en deurgee nie - die media is vol van die teenoorgestelde inligting, en ons kinders is gereed om dit te omhels...

Voordat ek meer feitelike inligting deurgee, kom ons kyk net eers na jou posisionering as ma wat jou kindertjies vir die Here wil grootmaak. As dit van jou waar is, moet jy vir jouself 'n sekere doelwit stel en bepaal watter roete jy gaan volg om daar uit te kom. Baie dinge gaan verseker langs die pad uitgedaag word, tekortkominge gaan daar wees, sommige sieninge en handelswyses gaan selfs sneuwel, andere gaan versterk word en vestig as vaste oortuigings. Jy kan en gaan die fondament daarvoor lê in die lewens van jou kinders. Dus moet jy jouself bewustelik op hoogte kry met die basiese materiaal wat jy nodig het daarvoor.

Ons het bv die uitgangspunt gehad dat die Bybel die tydlose, onfeilbare (foutlose) Woord van God is. Dus bepaal dit ons beskouing van 1. wie en wat God is, 2. wie en hoe die mens is, en 3. hoe die pad van redding lyk.

Soos fyn, onbreekbare drade het hierdie geloofs-oortuigings alle aspekte van ons kinders se opvoeding en grootwordjare aanmekaargeweef. Hulle het dit moeiteloos verstaan en as boustene gebruik in hul ontwikkelende denkraamwerk, om daaruit uiteindelik 'n lewens-en wêreld-beskouing te laat uitkristalliseer as volwassenes.

Die beginsel wat ek gebruik het toe ek met my kindertjies gewerk het, was :
As iets jou laat twyfel in die God van die Bybel, moet dit nie glo nie.

Vir baie ander mag dit na 'n 'brein-dood-argument' klink. Vir my het dit gewerk. As jy twee of meer botsende argumente het, gaan jou geneigdheid wees om een aan te hang en die ander te betwyfel. Die fondament waarop jy staan is dus: Verwerp in beginsel twyfel in God, en gaan dan gerus aan met jou ondersoek en argumentering van die saak op die tafel.

Enige mening of verstaan van 'n saak kan mettertyd gewysig , verander, verbeter of verwerp word, sonder 'n ingrypende gevaar vir jou bestaan hier en in die lewe hierna. Dit geld egter nie vir jou geloof in die God van die Bybel nie. Daarmee loop jy nie 'n risiko nie en dit kompromiteer jy nie - nie in jou eie lewe of in die vorming van die lewens van jou kinders nie.

Hoe het hierdie beginsel neerslag gevind in die optrede van ons kinders?

Die eerste konfrontasie het gekom kort nadat die twee oudstes gemaklik kon lees en hulle die elementêre ensiklopedie-reeks in Afrikaans, van Systems for Education, in die huis onder hande begin neem het. Die sub-titel was : Die Ooggetuie-Reeks. Een middag kom die twee met Volume 1 in die hand en hul twee jonger boeties op die hakke, by my aan :
"Mamma, evolusie is mos nie waar nie, ne?"
Vreemd, dink ek, dat hulle nou al daarmee te doen kry. En voordat ek kan antwoord, kom hul eie verduideliking:
"Die eerste sin in hierdie ensiklopedie sê : Miljoene jare gelede het lewe ontstaan deur evolusie...Maar op die voorblad staan daar ooggetuie-reeks. Dis mos duidelik 'n leuen, want wie was nou 'n ooggetuie van miljoene jare gelede?"

En het ek miskien gemeen ek maak alleen my kinders groot vir die Here?, sing my hart dankbaar as ek besef Hy doen die werk, ek is maar 'n klein deel daarvan.

Ek onthou 'n heftige woordewisseling tussen die saamryklub-kinders een middag in die kar op pad huis toe van die skool af - oor evolusie versus skepping :
"En ek sê jou, in ons ensiklopedie staan daar evolusie is waar!", roep een maatjie, ook in Gr 5, rooi in die gesig uit.
"En ek sê jou, 'n ensiklopedie kan jok!", troef ons oudste, met die tot hiertoe ondenkbare gedagte vir die ander kinders, "want alle boeke kan jok, net nie die Bybel nie!"
Stilte volg - geskok, oorbluf, ontsteld, maar stil, tot by die aflaaipunt.

Het ons hom die argument by die huis geleer? Nee. Maar die beginsel is so goed gesnap en as waarheid aanvaar, dat hy in die oomblik van toetsing die uitdaging kan aanvaar.
Die keuse? Betwyfel die ensiklopedie of betwyfel die Bybel. Nou het hy die gereedskap om 'n geloofsoortuiging toe te pas en te bevestig.

Sy broer net jonger as hy kom eweneens eendag van die skool af en vertel : "Daar was 'n ds vanoggend by skoolopening wat gesê het Genesis 1-11 is nie waar nie, dis 'n mite, soos 'n sprokie wat sekere goed wil tuisbring maar self nie waar is nie, as ek dit reg verstaan het. En hy't verduidelik dat die skepping oor miljoene jare heen plaasgevind het, want 'n dag beteken nie regtig 24 uur in Genesis nie, en dit deur evolusie, nie deurdat God gepraat het en dit was so nie. Ons maats het dit pouse bespreek, en hulle het dit almal verdedig. Al wat ek gesê het, is : Daar staan geskrywe, 'Dit was aand en dit was more, die tweede dag', ens. Wanneer dit aand en more word en dis die volgende dag, lyk dit vir my na 24 uur, dus sal ek dit maar bly glo, maak nie saak wat hulle sê nie."
Die keuse? Glo in die Skepper-God van die Bybel, of verander daardie Godsbeeld om aan te pas by die sieninge en interpretasies van mense. As dit my geloof in God aantas, kies ek liewer daarteen.

Dieselfde ooggetuie-reeks het te vertelle dat daar dinosaurusse op die aarde geleef het miljoene jare gelede...
Gevolglik het ons kinders vinnig besluit dat hulle ook nie in dinosaurusse glo nie. (Ek het egter vir hulle verduidelik dat daar wel so iets geleef het soos drake en monsters, omdat die Bybel daarvan vertel en sê dat God hulle ook geskep het.) Ons jongste het dus, sonder ons mede-wete, volgens die eis van sy oortuiging, die juffrou gevra om vir hom 'n ander werkstuk-opdrag te gee, toe hulle die tema van dinosaurusse kry in Gr 5, as ek reg onthou. Toe sy weier en hom probeer oortuig om dit tog maar te doen, het hy een sin op die bladsy geskryf en dit as sy opdrag ingegee: "Ek glo nie in dinosaurusse nie."
Ek was stomgeslaan. "Hoe kan jy so iets doen? Besef jy jy gaan nul kry vir die projek?"
"Ek weet ja. Maar mamma, ek gaan nie my brein vol goed maak wat ek nie glo nie en wat my dalk kan laat twyfel dat God alles gemaak het soos die Bybel sê. Dan kry ek liewer nul. Ek sal opmaak met die ander werk."

Die keuse?
Is daar 'n keuse? Is daar 'n ander opsie, vir ons wat een doel voor oë het : om ons en ons kinders se harte te kry waar die grootste skat is? Wat is 'n slaagsyfer vir 'n projek, die mening van 'n juffrou, die verhaal van menslike sukses en aansien, in die lig van ons onbeskryflik-kosbare geloof in 'n almagtige, alwetende, onoortreflike God wat nie net hemel en aarde uit niks tot stand gebring/geskep het deur Sy Woord nie, maar wat ook my bose lewe kom red het van sonde en herskep het tot 'n nuwe lewe?

Het ons ons siening van dinosaurusse intussen verander? Ja.
Het dit ons lewe ten kwade beïnvloed? Nee.
Het ons ons geloofsoortuigings intussen verander? Nee.
Het dit ons lewe verryk en gedra en gebou? Ja, meer as wat ons in nie-krisistye ooit sou kon vermoed het!

So, Meline, voordat ek in die volgende blog jou briefie spesifiek beantwoord, wil ek jou en jou vriendin en al ons ander mamma's uitdaag :
Gaan formuleer vir jou 'n doelwit met jou kinders, en plaas 'n prys daarop, as jy dit nog nie bewustelik gedoen het nie.
Watter prys gaan te hoog wees vir jou om te betaal daarvoor?
Ken jy self die pad daarheen, en het jy die hulpmiddele om daardie pad te loop?

Moenie te besig wees om antwoorde te kry op hierdie vrae nie. Daarvoor is jul eie en jul kinders se lewens te kosbaar!



    



Saturday, 21 June 2014

Wees versigtig en paraat met jou denke! (1)



         


Ek reageer graag hier op Tanya se 'comment' na die vorige 'post' :

"Tannie se by punt nr 3 dat mens jou denke moet kontroleer en ook jou kindjie so moet oefen en denke moet terug plaas onder die kontrole van die Heilige Gees? Hoe werk dit prakties met jou kind. Ek het my kleintjies by my so ons kan seker heeldag oefen. Ek sal graag ook wil weet hoe kan mammas dit oefen wat se kindertjies in die kleuterskool is."

Om ons denke te beheer, moet ons net ietsie meer verstaan van die wonderlike meganisme en belangrikheid van die gedagtes (Engels MIND). Selfs klein kinders ervaar hulle brein en denkvermoë as asemrowend sodra hulle bewus raak daarvan/ons hulle daarvan bewus begin maak. Ek het dit destyds in my kinders beleef en dit weer eens onlangs bevestig gevind in my ouer kleinkinders.
Ons oudste kleinseun Shaun was 5 jr oud toe sy kleuterskool-juffrou vir hulle verduidelik hoe mens met jou brein kan dink. Hy het my breedvoerig die hele storie vertel en toe afgesluit met :
”Ouma, ek dink en ek dink met my brein…. En weet jy wat? Ek gaan nooit toelaat dat ander kinders vir my besluit wat ek moet dink nie, want dit is mos wonderlik dat ek self 'n brein het en self kan besluit wat ek wil dink!”
“En as ander kinders wil hê jy moet goed saam met hulle doen omdat hulle so dink?”, lok ek hom uit.
Stilte.
Wanneer ek dit wil verbreek, steek hy sy hand se binnekant teenoor my uit en sê :
“Sjuut, ouma, ek dink!”  
En dan, na 'n rukkie : “ Nee, dit sal ek nie doen nie. Want dan laat ek hulle mos toe om vir my te dink, en waarvoor het die Here dan vir my hierdie wonderlike brein gegee? Ek sê ouma wat is 'n beter plan. Ek sal met my brein dink, dan moet hulle liewer saam met my doen wat ek dink!”
En ons twee lag te lekker saam oor dié blink idee!! - terwyl ek die Here stilweg dank vir die opmerklike werk van die Heilige Gees in dié kind se hart. Natuurlik het hy dit intussen weer dikwels vergeet en moet ek hom herinner en verder op die begrippe uitbrei as ek hom sien, soos wat hy groter word, te midde van al die ander insette van sy ouers ook.  Maar dit is mos juis wat ons werk aan onsself en ons opvoedingstaak met ons kinders behels: herhaling, aanpassing in elke nuwe lewensfase en begripsvermoë, inprenting, en oefening.

In Spreuke 27:19 staan daar :
“Soos jy jou eie gesig sien as jy in die water kyk, so sien jy jouself in wat jy dink.”

Wie jy is, hoe jy lyk en wat jy doen, is maw 'n spieëlbeeld van jou denke. 
Lyk jou hare deurmekaar, jou oë ongewas, jou vel onversorg as jy in die spieël kyk? Dan moet jy werk aan die oorsaak van die probleem.  Wil jy anders lyk? Optree? Redeneer? Wil jy hê jou kind moet anders lyk, optree, redeneer? Werk dan aan die bron waaruit hierdie optrede vloei  – en dis die denke. Ek vermoed ons is geneig om veel meer en veel eerder te werk aan die simptome as aan die oorsake, in onsself en in ons kinders. Om hierdie situasie om te keer, vra 'n bewuste poging en bewuste soeke na die waarheid, en bewuste oefening op grond daarvan.
Spr 22:6 gee die duidelike opdrag :
“OEFEN (Engels TRAIN) die seun in die eis van sy weg,
 en hy sal, as hy groot is, nie daarvan afwyk nie.”
Hiermee wil ek nie sê ons moenie gesonde dissipline toepas tov gedrag nie. Daarvoor is daar baie riglyne in die Skrif waaraan ons nie durf ongehoorsaam wees nie. Maar jy kan bv nie, om dit so te stel, vrees/bang of woede/kwaad-wees of bekommernis/ongelukkigheid of verwerping uit 'n kind uit slaan/dissiplineer nie. Kinders het op hulle eie vlak eintlik ook reeds die meeste van die emosies en belewenisse wat ons as volwassenes het. Hulle kan dit net nie altyd verwoord nie. Ons kan hulle baie daarmee help. Daarvoor moet ons natuurlik hulle leefwêreld met hulle deel, baie tyd met hulle spandeer en hulle grotendeels verstaan. (Dit is dus verblydend, Tanya, dat jy sê jy het jou kindertjies heeldag by jou om te kan oefen!)
 As jou kind bv aggressief reageer teenoor sy sussie in 'n bepaalde situasie, moet jy onthou dat daar agter die aggressie 'n gedagte werksaam is wat sy optrede bekragtig. Aan die een kant mag hy nie toegelaat word om sy aggressie op haar uit te haal nie, maar aan die ander kant moet jy hom help om agter te kom en te verstaan wat laat hom so voel. Dieselfde geld vir hartseer of vrees of moedeloosheid of bedruktheid of noem maar op.

Eers wanneer ons oortuig raak van die waarheid dat ons denke die oorsprong van ons gedrags-uitinge is, raak dit vir ons belangrik om daaraan die nodige aandag te gee deur daaraan te werk.

“Waar begin ek?”, is gewoonlik vlak op ons lippe.

Ek sou voorstel begin verduidelik hoe ons liggaamsdele werk – die ogies sien, die oortjies hoor, die voete loop…. en die koppie dink. Maar die ore kan nie hoor en die voete kan nie loop as die brein daar in die koppie nie vir hulle sê om dit te doen nie. Net so kan ek nie kwaad of hartseer of bly wees (wat die eis van die oomblik ook al is) as die brein daar in my koppie nie vir my hartjie / my gevoelens so sê nie.
Hoe sê my brein dit? Met woorde, wat vertel van gedagtes…. En meeste kere praat hy so sag, dat ons dit nie eers hoor nie. As hy vir jou voetjies sê om te loop, hoor jy dit? Maar tog loop jy dan…., ens. ens. En as hy woorde dink wat jou laat bang voel, hoor jy dit nie altyd nie, jy voel net die bang. Nou gaan mamma jou help om uit te vind wat dink en sê jou brein wat jou so bang laat voel, want gewoonlik is dit glad nie eers waar nie en dan is jy verniet bang. Dan moet ons daardie gedagte/woorde wegjaag en jou brein help om die regte ding te sê en te dink, wat jou nie sal laat bang word nie.
Die regte ding gaan ons in die Bybel kry, want dit is God se woorde wat Hy wil hê ons brein moet dink en wat ons moet glo. So, nou gaan mamma saam met jou bid en vir die Here vra dat Sy Gees ons sal help om uit te vind wat daardie sagte woorde en gedagtes is wat jy nie nou kan hoor nie maar wat jou bang maak. En dan gaan ons met Sy krag oefen om dit te hoor en weg te jaag en in die plek daarvan net die gedagtes en woorde te dink wat Hy wil hê jy moet dink. Dan kom daar vrede en gelukkigheid in die plek van die bang-wees.

En ons bid soveel kere as wat nodig is; ons oefen om elke gedagte wat so geïdentifiseer is, te vang en weg te jaag en te vervang met wat waar en mooi en opbouend en vol vertroue is in die Here Jesus. (Bv uit my eie kinders se lewe :
“Ek is bang vir 'n swart kat wat oral loer om my te vang….!” 
Dan gaan ons deur die proses van : Is dit waar/onwaar? Wie is die sterkste? Jesus of enige swart kat? Wat kan ons maak met daardie gedagte oor/bang vir die swart kat? Vat hom kruis toe dat Jesus hom daar vasspyker. Nou is hy daar dood saam met Hom, waar hy ook vir my sonde doodgegaan het.  En elke keer wat ek weer bang word, jaag ek dit weg in Jesus se Naam en dink ek daaraan dat Hy my vashou en beskerm en die heel sterkste is…
 Die uiteinde was dat die seuntjie hardop in die konfrontasie uitgeroep het :
“Swart kat, in die Naam van Jesus, ek slaan jou op jou snoet!”
Daarna was die slag gelewer, die vrees oorwin en die gedagtes vervang met vertroue in die krag van Jesus.)
Hoe plaas ons nou ons denke terug onder die kontrole van die Heilige Gees?
Ek besluit waaroor ek wil en behoort te dink en ek vra dat die Heilige Gees sal waak/waghou oor my gedagtes; dat Hy die deurtjie daar by my brein sal toehou vir al die bangmaak-woorde en my sal help om die regte dinge te dink en te glo. Rom 12:2 :
“Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei…"  

Dis die beginsel  in 'n neutedop.

Dis bykans 4 jaar later. Shaun word in September 9. En in die laaste tyd het hy 'n verdere hoeksteen oor sy wonderlike denkvermoë ontdek :
“ As hy net wil saamwerk, kan my brein baie doen!”, lig hy ons oor skype in.
Die vraag waarmee ek myself dikwels konfronteer as dit oor ons denke gaan, is :
Sien ons kans om dit wat ons ons kinders leer, self te begin oefen en so vir hulle te demonstreer?

Wil ons regtig sélf saamwerk?

Wednesday, 18 June 2014

Voorbereiding vir ouerskap




Ons Suid-Afrikaanse lewe het onherroeplik verander.

Ons familie- en vriendekringe is bykans almal in die afgelope klompie jare getref met die verlies van geliefdes aan die buiteland, en die daaropvolgende sindroom van 'n nimmereindigende 'afskeid neem-verlang-langafstand-kommunikasie-en-blye weersiens - net om weer totsiens te sê'...

Een van die hoogtepunte van ons nuwe lewensstyl, is egter 'n briefie soos die volgende :

Hello van ver!
....Die boodskappie is eintlik om hulp te vra. Soos julle seker al weet, is ons in die proses van mamma en pappa word. Toe ons daar by julle gekuier het, kon ons so lekker gesels oor sulke dinge en hoe belangrik dit is om kinders vir God groot te maak.

Nou met dit alles gesê, wil ek net vra vir raad en wat ek dalk kan gebruik vir goeie leerstof in voorbereiding. Ek weet dat God ons sal leer, maar so ook sê Hy in die Woord dat die ouer vrouens die jongeres moet leer. So tannie, ek vra asb vir goeie Goddelike insig en raad oor hoe om myself as mamma voor te berei...

Haar Afrikaans is glad nie sleg vir soveel jare in 'n vreemde wêreld nie, dink ek by myself as ek sit om te antwoord :
...Dit is baie lekker om so 'n briefie van jou te ontvang! En deel te kan neem aan die vreugde oor julle komende ouerskap. Mag hierdie tydjie vooraf deel wees van die vreugde en vervulling wat daarmee saamgaan. Dis veral verblydend dat jy dit so vrugbaar wil gebruik om jou beter voor te berei vir die koms en grootmaak van hierdie kosbare kindjie.
Jou vraag is moeiliker as wat dit op die oog af mag lyk Jy sê : my hulp wat ek vra is wat kan julle voorstel ek doen en wat ek kan lees of luister vir voorbereiding.
Ek wens ek kon vir jou 'n skema of voorskriffies gee wat maklik lyk. Daar is baie goeie boeke (en slegte boeke!) beskikbaar oor die onderwerp. Ek dink bv aan
1. Paul Tripp se boek en DVD-reeks oor ‘Shepherding a child’s heart’ en
2. Martha Peace se ‘The faithful parent – a Biblical guide to raising a family’ en
3. ‘Don’t let me count to ten’ en andere, waaroor die jong ouers soos my skoondigters wat besig is om kinders groot te maak, jou seker veel meer sal kan sê.
4. Kry die boekie van die Puritein JC Ryle, verniet op internet : ‘The duties of parents’. Dit is baie goeie raad en tydloos, soos die Bron waaruit dit kom.

Maar terwyl ek gewonder het oor hoe om jou briefie te beantwoord, was my grootste indruk dat ek jou moet terugverwys na die Woord van God self. Terwyl jy kans en tyd het om jou vir jou eersteling se koms voor te berei, posisioneer jouself op die beste manier moontlik ten opsigte van die Bybel.

1. Jy moet ten minste probeer om die Bybel elke jaar 1x deur te lees en sover moontlik elke dag (vroegoggend) stiltetyd te hou. Met 'n klein kind is dit nie altyd moontlik nie, maar hulle word groter en soms kan 'n mens dit op 'n ander tyd inpas as hulle jou toelaat. Op die oomblik kan jy nog. Google die woorde vd liedjie “I come to the garden alone” :
…the Voice I hear, falling on my ear, the Son of God discloses…
He speaks, and the sound of His voice is so sweet – the birds hush their singing…
Moet dit nie mis nie. Jy het dit nodig, jou man het dit nodig, jou kinders het dit nodig. Wat jy daar kry, direk by Hom, gaan jy neerskryf, en geurgee aan hulle, gaan jy toepas in jou optrede teenoor hulle, en gaan jou wysheid gee in elke situasie. Memoriseer belangrike tekste wat jou aanspreek, bid dit deur, leer dit vir jou kind as hy groter word.

2. En bid baie, voortdurend, oor alles. Neem as 'n beginpunt die gebede in Efesiers, en bid dit vir jouself, jou man, jou kind, die gelowiges. Bid saam met jou kind, oor alles. Van sy geboorte af : ‘In hierdie huis praat ons met Jesus oor alles, weet jy. Kom ons sê vir Hom dat…..’

Berei jouself voor om nie soseer vir jou kinders te 'preek' nie. Wandel met Jesus. Leer Hom beter en beter ken, sodat jou verhouding met Hom natuurlik kom, jy Hom vertrou vir klein en groot dinge, Hy 'n werklikheid is wat in julle huis LEEF en oor Wie jy dan kan praat. Godsdiens (diens aan God) verskuif dan primêr van formele onderrig na lewens-onderrig, wat hart en verstand en leefstyl alles integreer. Dit kan net gebeur as jy self by Hom uitkom, gereeld, biddend, gelowig en vertrouend; as jy self onder Sy genade en vergifnis bly leef, en jou krag put in die blydskap wat dit vir jou gee. ('Om in die Here jou vreugde te vind, gee vir jou krag' / ‘The joy of the Lord is your strength’, het Nehemia vir die mense gesê wat die mure van Jerusalem herbou het.)

3. Sorg dat jy leer hoe om jou denke te kontroleer, en leer dit dan vir jou kind. Maak seker dat jy die dinge uitgooi uit jou gedagtes wat dit besoedel en jou verhinder om die dinge te bedink wat van Bo is, en vervang dit dan met alles wat waar, rein, lieflik en Gods-vererend is. Susannah Wesley het 'n lewensleuse oor hierdie saak gehad : “She would not let wandering thoughts rob her of godly thinking…”


Oefen dit, want dit bepaal die ander aspekte van jou lewe. Leer jou kind van kleins af om dit te oefen, en sy denke voortdurend terug te plaas onder die kontrole van die Heilige Gees.


4. En ondersoek dan jou hart. Vra jouself af : ‘Het ek Jesus waarlik lief?’ Werk aan jou liefde vir Hom, meer as enige iets anders. Waar jou hart is, daar sal jou skat wees. Jou kind het nodig om 'n demonstrasie te sien van liefde vir God, wat liefde vir die naaste insluit natuurlik – soos wat ek myself het, en nie minder nie.

Ek hoop jy kom agter dat ons nie alles uit ander mense se boeke en ervarings kan kry nie. Die belangrikste lê by onsself – in 'n waaragtige verhouding met die lewende God self, en 'n leefstyl wat dit te alle tye eerste en belangrikste sien en najaag. Eers daarna verryk ons onsself verder met ander boeke ens. As jy hierdie orde omruil, kan jy vir die res van jou lewe op hoor-sê staatmaak en oënskynlik goed vaar daarmee, maar die BESTE mis. My raad aan jou is, hou hierdie prioriteite reg en begin by jouself.

Jy is welkom om verder met my in gesprek te tree. Ek hoop jy kry tog 'n idee oor hoe om jou dagprogram so te beplan, dat jy die doelwit wat jy vir jouself gestel het om jou kindjie vir God groot te maak, daardeur kan bereik. Om Susannah weer aan te haal : “There is nothing I desire to live for but to do some small service to my children, that, as I’ve brought them into the world, I may, if it please God, be an instrument of doing good to their souls.”

Mag die Here jou en jou man, wat Hy waardig geag het om hierdie kindjie aan toe te vertrou, verder toerus en gebruik om instrumente te wees wat goed doen aan sy siel!...





Friday, 13 June 2014

Pleased to meet you / Aangename kennis


An introduction is never easy, or adequate, especially when you have to do it to yourself.

I’m a woman : a sister, a (has-been-)daughter, and  a wife; I’m a mother and an in-law, and a granny; I’m a friend, and a companion for many...

I’m a daughter of Eve. 
She “ became the mother of all the living” (Gen 4:20). I also see myself as a mother of life : enhancing, nurturing, spreading and encouraging life. Especially where a death-experience seems to challenge and threaten and seemingly gets the better of the incorruptible seed of life.
.
Hence my personal life motto : Refuse to give up on what really matters.
It is a decision, and it is an action, and it involves the mind and the will and the physical abilities, and more often than not it has to shun the ever-intruding emotional obstacles. Therefore you don’t stumble upon such a motto and adopt it overnight. You attain it through the demands and tests of life; through failures and measuring and adapting and stretching and succeeding; through discerning and repeating and experiencing the dawn of a conviction; and then deciding on a firm commitment.

Did I mention it? I’m a christian woman. I love my sisters in the faith. Yet I also love women who are not sharing my views. I love to communicate with them, challenge them as they challenge me. I feel their pain; I rejoice with them in their graces.

I meet gladly with them all, either in Afrikaans or English, not equally well though.  Better in Afrikaans, but improving all the while in English. Therefore any post or communication can and will be translated to any group on demand.

I find the journey of womanhood fascinating  –  a never-ending enigma and joy! And an immense privilege.


Having said this, should I still state it explicitly? Yes. Because it is, after all, the most significant detail of my life : I’m not only a believer in the awe-provoking power of the cross and resurrection of the Savior.


I’m in love with Christ.