Die afgelope 2 weke was 'n tyd van intense dreinering met
'n aansteeklike griep wat ons hele huishouding lam gelê het, soos wat die
domino-effek een gesinslid na die ander neergefel het. Gelukkig is dit nie
dodelik nie, hou jy aan vir jouself sê, terwyl jy voel of 'n soort dood tog
iewers lê en loer en langsamerhand alle reserwekragte en -mense uitsuig…
Ons ken dit almal, hierdie tye van stilstand en
verwondering oor hoe skielik en maklik ons planne tot niks kom nie en ons in
hulpelose afwagting uitreik na ankers en bronne buitekant onsself. En as ons
stadig begin opstaan uit die verydelde doelwitte vir 'n vakansie en kuier van
geliefdes, maak een duidelike baken van onderskeiding sin : die ervaring het ons onteenseglik verander,
ten goede.
Dit het ons lewe verruim.
Dit het ons lewe verruim.
Hoe is dit moontlik?
Ons deernis en meelewing met ander se klagtes en swaarkry
het intussen aansienlik vergroot, en ons afhanklikheid van God het in
enkelvoudigheid gegroei .
Enkelvoudig? Ja. Want ons begin noodgedwonge bely :
U ALLEEN is
in staat;
is my
hartsverlange;
is vir my
genoeg;
is my
toevlug;
kan my dra
en red en behoue laat deurkom…
Die enkelvoudige Jesus duld nie kompetisie, of opposisie,
of 'n mindere plek nie. Wanneer jou asem vlak lê en niks anders skyn te help
nie, dwing die erkenning oor jou trotse, stywe lippies :
“Net U is die Een deur wie ons lewe, beweeg en bestaan…”
Ek lees in dié tyd Mark 1:40
& 41 :
Daar kom toe ‘n melaatse man na Hom toe wat smekend op sy
knieë voor Hom neerval en vir Hom sê: ‘As U wil, kan U my gesond maak’.
Jesus het hom innig jammer gekry, sy hand uitgesteek en
hom aangeraak en vir hom gesê: ‘Ek wil, word gesond!’
”It is owing to His compassion
for mankind that He had a hand with which to lay hold”,
sê 'n Bybel-kommentaar oor hierdie
verse.
Hoekom is dit vir ons so moeilik om ons aan Sy kragtige hand te onderwerp?, verwonder ek my opnuut
voor die wonder van Jesus. 'n Hand so vol medelye vir menslike lyding, so vol erbarming in ons
eensaamheid, so vol vriendelike aanvaarding en koel genesingskrag op 'n warm wond, so vol mag in ons
onmag, so vol liefde en sorgsaamheid in ons ankerlose verlorenheid.

Sy hand kan nie anders wees nie, want Sy hart kan nie anders voel nie, sê die teks.
Ken ons Jesus so, in ons huise?
Is Hy vir ons genoeg, of wil ons Hom hê, PLUS…?
Is Hy vir ons genoeg, of wil ons Hom hê, PLUS…?
Wil ons nog eers ons eie idees laat geld, ons eie planne realiseer en
Hom inspan om ons stuurjonge te wees
na geluk en self-gelding? Dan het ons ons nog nie aan Sy hand onderwerp nie – soos 'n hulpelose sieke wat
nêrens anders meer het om heen te draai nie, en net in afhanklikheid buig onder daardie uitgestrekte hand
wat aanraak en streel.
Kén ons dié hand van Jesus?

Dit is nie 'n hand wat aan almal bekend is nie.
Net 'n uitverkore groep wat hulself ‘kinders’ kan noem, ken en herken daardie koel aanraking op 'n koorsige voorkop, op 'n kloppende seer.
Net die onderworpe gesindheid van knieë wat voor Hom buig en bely : “As U wil…nie my wil nie…”,
herken die vreugde van Sy uitgestrekte greep met die blye bevestiging :
“Ek wil…nie jou wil nie, maar Myne.”

Ek vertrou dat dit nie nodig word vir baie van ons om eers 'n onbenydenswaardige 'melaatsheid' in een of
ander vorm op te doen, voordat ons na daardie heerlike hand gryp nie. Mag hierdie dae van baie siektes en
griepe en noodroepe, ons vinnig en effektief op ons knieë bring en ons laat inbuig onder die kragtige hand
van ons lieflike, magtige Meester!

Mag ons kinders en jongmense dit sien, en verlang na die reikwydte van Sy aanraking – van Sy hand alleen.
Mag ons, en hulle, Sy
aanraking so leer ken, dat dit vir ons genoeg word.
No comments:
Post a Comment