Pages

Friday, 31 October 2014

(II) Active in Battle - Part 1


We need to understand the essence of passivity, as explained in a previous post. (Passive in battle, 21st July)
Why? 
So that we can practice ourselves first, and then our children, or others who need help, to use our thoughts and all our faculties constructively, according to the principles of Gods Word.

Let’s be practical and try for example Heb 12: 1-8:

:1  Therefore, since we are surrounded by so great a cloud of witnesses, let us also lay aside every weight, and sin which clings so closely, and let us run with endurance the race that is set before us,
:2  looking to Jesus, the founder and perfecter of our faith, who for the joy that was set before Him endured the cross, despising the shame, and is seated at the right hand of the throne of God.
:3  Consider Him who endured from sinners such hostility against Himself, so that you may not grow weary or fainthearted.
:4  In your struggle against sin you have not yet resisted to the point of shedding your blood.

Let’s write down all the exhortations/commands (DO-this, DON’T DO this) in a list and start practicing/obeying them.

1. DO’s

1.1 Lay aside every weight

#  What weighs me/my child down?
An honest, intelligent and prayerful search is needed here. List them all.

#  Why does each of these listed items weigh me/my child down? Is it for example a sin? a wound/sorrow? a temptation? affliction?, etc? This determines whether I should repent, resist, accept, be comforted etc.

#  Where do I lay these weights aside?
At the cross, where Jesus bore each one of these things for me and freed me up to be occupied with Him and his course, where the race mentioned next, has to be run.

1.2 In like manner lay aside every (known) sin that clings so closely

#  What does that mean?
Face my sinadmit it as sin, repent of it and stop doing it in the power of the Holy Spirit. This is possible through the crucified and resurrected Savior.

#  What does repentance mean?
"The Lexicon says the Latin word has the thought 'to recover one's senses' and come to a 'right understanding'. So repentance describes on the one hand first a 'change of mind', to be accompanied by a change of heart." ** : 
This is exactly what my child too, needs to understand and face and work on. I need to explain to him/her : What you did here, is wrong because it is sin, according to Gods standards. Your sin and my sin are equally bad and evil before God, therefore we must change our thinking about wanting to do it. So let us ask Jesus to help us to change our thoughts about it and help us to not do it again. In this way we ask Him to clean our hearts/lives and give us a new way of conduct/behaving ourselves.
  
One of the most relevant and practical definitions of repentance I’ve ever come across, I found in the vibrant, intelligent and challenging story of Rosaria :
 “How could I and everyone that I knew and loved be in sin? In this crucible of confusion, I learned something important. I learned the first rule of repentance: that repentance requires greater intimacy with God than with our sin(emphasis added) Repentance requires that we draw near to Jesus, no matter what. And sometimes we all have to crawl there on our hands and knees. Repentance is an intimate affair. And for many of us, intimacy with anything is a terrifying prospect.” *** 
No wonder  we learn from verse 4 the following : we haven't come close to the point of shedding our blood in an attempt to change our minds and hearts!  

1.3 Run with endurance the race that is set before you

#  What! An endurance-race?? 
"That’s not what I signed up for!”, you may say.
 Jesus endured the cross, and the shame, and the hostility of sinners against Himself.
 In an intimate relationship with Him, that is exáctly what we have signed up for. We signed up for following in His footsteps, remember? That implies similar obstacles in the race for us : a cross, self-denial, shame, hostility, adversity...oh my! We forgot to count this cost, and to teach this to our children! 

#  Why?
Because we tend to ignore these facts in our own race and prefer believing in and waiting for fairy tales to come true : after the temporary battle was won, they lived happily ever after...
No. I must help my child to understand this is not easy. It is a struggle, a fight. But we are going to fight this good fight and win this enemy. We are going to consider what thoughts are underlying this behavior, so that we can throw them out.

We want to disconnect ourselves from these bad thoughts which lead us to do these sinful things, so that we can be connected much more closely with Jesus. 

This  brings us to our next DO
1.4 Look to Jesus…consider Him

#  Where is He now?
 Having reached the joy that was set before Him, He is now ‘seated at the right hand of the throne of God'!
What a destiny!

#  Why should we look to and consider Him?
So that we may not grow weary or fainthearted.

#  When we get weary/fainthearted : what do we do? What should we do?
Get absorbed in self-examination? in self-pity? in a search for excuses? or for other people?  
No. If these could have helped, it would have, long ago, as we have been trying them for ages already, haven’t we?
Instead of being self-absorbed, we must actively start focusing on Jesus and what He has done for and expects of us. We should just keep on looking at Him, until His loveliness penetrates our being and we want to be nowhere else but with Him, like Him…

Can we present Him like this to our children?

Can we talk about Him for 5 minutes straight? Tell our children how extremely lovely He is, how lovable and adorable and desirable and worthy of everything? Can we give our children a true, Biblical picture of  the real Jesus? Not if we don't know Him like that ourselves!

#  He shows us HOW. 
Only in keeping our gaze on Jesus, watching Him closely, we can see what He did in the face of adversity. Thén we can follow His example - actively.

Think of it : I am CALLED to DEMONSTRATE something of Jesus, my Savior – not to demonstrate my own hopelessness AS IF  this calling is of no relevance until I ‘feel better’. At least I know there is hope in Jesus, even if I can't see it at the moment!. Shouldn't I then rather demonstrate that hope in Him? Yes, if I believe in the truth of it.
This calling should be my motivation in my endeavors to stop preoccupation with and consciousness of SELF, and start being preoccupied with and conscious of HIM.

He is worth it, isn’t He?

And to us, this is a profoundly elevated position to which we have probably never given much or any thought. 



**     Jessie Penn Lewis : "The Battle for the Mind", p 7/8
***    Rosaria Champagne Butterfield : The Secret Thoughts of an Unlikely Convert, p 21/22


(To be continued...)



Sunday, 26 October 2014

Help! My kind is oneerlik!

Hierdie is deel van 'n briefie wat ek vir 'n paar ma's gestuur het na aanleiding van die probleem van oneerlikheid by kinders. Kinders wat steel/leuens vertel/manipulerend is, is nie aan ons onbekend nie. Trouens, dit sluit ons almal sekerlik in, as ons ons eie harte leer ken en die manifestasie van dieselfde sondige natuur sien in die lewens van ons kinders. 

 Miskien kry julle van die beginsels nodig, nie net vir julself nie, maar ook vir ander wat praktiese raad soek.
Ek gee die hoofgedagtes,  die Skrifgedeeltes moet 'n mens eers biddend deurwerk en aanvul. Dan moet jy die Heilige Gees vra om jou te help om dit baie prakties te kan toepas op die besondere kind se vlak en omstandighede.
Heel eeste is dit belangrik om te verstaan hoe God hierdie sake beoordeel, anders kan ouers nie die nodige dringendheid en geestelike motivering kry om daadwerklik daarteen op te tree in die krag en in die Naam van die Here Jesus nie.

1.  STEEL = heb-sug =  'n sug om meer en meer te wil hê.

                    *Wat sê God daarvan? 
OT : Ex 20:15, Lev 19:11-13a, Luk 12:15&21 en 33&34         
Gedeeltes uit die NT soos Ef 4:28, 2 Thes 3:10 en Luk 19:8-10 kan help. 

                   *Hoe kan ons die beginsels van hierdie Skrifuitsprake prakties toepas? 
Dit lyk vir my ons kan hieruit 'n skema saamstel wat min of meer so lyk:
Werk → Eet → Gee → Teruggee/Restitusie (die pyltjies beteken : die een lei na die ander)

Dit is natuurlik nie so maklik uitvoerbaar met 'n kind nie, maar kom ons probeer. 
a.  'n Mens kan begin deur bv sekere reëlings in die huis te hê waardeur die kinders leer om enersyds sekere dinge in die huis 'verniet' te doen en andersyds vir sekere goed te werk en nie alles net verniet te kry nie. 
  Sekere take word natuurlik bloot gedoen vir die voorreg om deel te wees van die gesin, bv alle skottelgoed wat jy vuilmaak, plaas jy self in die skottelgoedwasser/wasbak; klere hoort of in die kas, of in die wasgoedmandjie; jy help mamma om inkopies uit die kar in die huis in te dra, en jy leer wat die Prediker bedoel as hy sê : "Doen wat jou hand vind om te doen", maw jy help met algemene opruiming en leefbaar-maak van die beweegruimtes sodat almal gelukkig saam kan leef; ens. 

b. Straf vir geen samewerking in hierdie verband nie, is die wegneem van voorregte of wat die ouers ookal toepaslik vind. Daarbenewens geld die bogenoemde skema, bv : "Ek sien jy't nie jou vuil klere versorg nie - geen kos voordat jy jou werkies afgehandel het nie. Hier staan jou kos en wag vir jou. Gaan maak eers klaar, dan kom eet jy." (Die beginsel is 2 Thes 3:10 : Wie nie werk nie, mag nie eet nie.)

c. Ander take kan beloning verdien (in verhouding), sodat alles nie net sonder inspanning kom en daar geen werks- en waarde-etiek kan ontwikkel nie. Daarvan word 'n tiende opsy gesit om vir die Here se saak te leer gee.

d. Of : Ek het uitgevind jy het dit en dit gevat/gesteel, wat nie aan jou behoort nie. Ek gaan vir jou hierdie en hierdie werk gee om te doen, sodat jy dit kan teruggee.... OF Wat se werk gaan jy doen, sodat jy dit kan teruggee...? ; Wat gaan jy verder (as restitusie) gee van jou besittings wat vir jou kosbaar is? (Die teruggee kan selfs meer/dubbel wees van wat gesteel is. Dit moet seer maak/aan die lyf gevoel word, anders kan die seer wat die stelery veroorsaak het, nie ingesien en 'gevoel' word nie.)
'n Goue reël met kinders is ook dat jy nie toelaat dat hulle enige 'geskenke' van enigeen soos skoolmaats of ander grootmense ontvang waaroor jy nie kennis en beheer het nie. Maw verjaardag- of kersgeskenke en iets van ouma/oupa of tannie/oom, is gekontroleerde en aanvaarbare geskenke wat by jou as ouer verbykom en goedgekeur word. 
My kinders moes - met 'n swaar gemoed! - selfs 'n uitveër of oënskynlik onbenullige besitting, en definitief geld en waardevolle items, gaan teruggee by die skool. 
Hoekom?
So leer hulle om nie omkoopbaar te wees nie, en natuurlik om nie iets uit iemand te manipuleer nie, en om nie morele verpligtinge teenoor iemand te ontwikkel nie. 
Jy verduidelik dan: "Daardie kind se mamma en pappa het dit nie vir hom gegee om weg te gee nie, en as hulle dit graag vir jou wil gee, moet hulle eers met jou mamma/pappa kom praat daaroor. Dan weet ons dit dra hulle goedkeuring ook weg."

2.  JOK = bedrieg ander, om eie wil en begeertes te voed.

                * Wat sê God daarvan? 
Ps 101:7, Spr 19:5, Openb 21:27 & 22:15, selfs 1Thes 4:6&8 in ander konteks, verduidelik ook hoe God voel oor bedrog van 'n broer; Kol 3:9&10; Rom 9:1,Ef4:25
                
                * Hoe moet dit hanteer word? 
Baie van bogenoemde geld ook hier - in verhouding tot die omstandighede, moet straf wat voelbaar en pynlik is, uitgedeel word, terwyl die terugkeer na die waarheid groot beloning/waardering moet kry - nie in GOED/DINGE nie, maar in herstelde verhoudinge en vreugde en gesamentlike feesviering wat die kind so kan verstaan (bv ons braai marshmellows by kerslig saam, of hou speletjiesaand saam of lê en sterrekyk saam of iets wat almal saam geniet - vgl die beginsel in 1 Joh 1:6&7)
Die rede/wortel van die leuens moet gesoek word en in die lig van die waarheid hanteer word. Die kind moet gehelp word om bewustelik en eksplisiet daarvan afstand te doen en dit met die teenoorgestelde, nl met die ooreenstemmende waarheid, te vervang. (Ons vat niks in ons huis wat van die duiwel af  kom nie. Hy is die vader van die leuen - Joh 8:44. Ons vat net wat van die Heilige Gees af kom - Joh 16:13, en wat die Here Jesus vir ons wil wees - Joh 14:6.)

3. MANIPULASIE = ook maar bedrog/werk met valsheid en skynheiligheid : dit hou iets anders as die waarheid voor om iemand anders te dwing om te doen wat jy wil hê.

Dis nodig om die waarheid agter die manipulatiewe gedrag te onderskei, en dan daarmee te werk, eerder as om toe te laat om gemanipuleer te word. (Dogtertjies, veral, is baie goed daarmee om met hul oulikheid en aanvalligheid te manipuleer, veral ook hul pa's! Dan word hulle 'n 'liewe heksie'... en verfyn dit tot 'n kuns namate hulle volwasse word. Sulke manipulatiewe lewensmaats bring groot huweliksprobleme en geen godvrugtigheid - Engels godliness - voort nie!) 
In my werk met vrouens het ek gevind dat die Here 'n mens 'n fyn aanvoeling leer vir manipulasie, en dat jy onder geen omstandighede daaraan moet toegee as jy die heil van daardie persoon op die hart dra nie. Dis baie belangrik vir ouers ook. Bv :
"Ek is so lief vir mamma....Ek wil daardie pop hê..../ My maag pyn....ek wil nie kerk toe gaan nie..." Oorvereenvoudigde voorbeelde om die sáák te illustreer. Wat nou gemaak?
"Ek hoor wat jy sê en ek dink dis ....(wat die waarheid ook al mag wees)... hoekom jy so sê. Wat dink jy?..." En kyk of jy jou kind kan begelei om by die waarheid agter sy manipulatiewe gedrag uit te kom.
"Omdat ek weet wat die beste vir jou is, gaan ek nou besluit om....." 
Ouers wat manipuleerbaar is deur hulle kinders, word oorgegee aan die wil-lekeur van hul kinders en is nie in die posisie wat God aan hulle toegeken het en van hulle verwag nie. 'n Mens is die god van sy eie lewe en moet geleer word om daardie troon prys te gee aan hoër gesag, wat uiteindelik die gesag van God moet wees, sodat Hy alleen daardie troon kan toeëien en oor daardie lewe kan heers.

4. 'n Paar ALGEMENE BEGINSELS:  
                                               
                                                   4.1 BEDERF = verrot; sleg word/maak

Hou op bederf! 
Het ek dit gesê? Hou op bederf!
Het ek dit hard genoeg gesê? HOU OP BEDERF!
Dit mag nodig wees dat ouers 'n slag deur Spreuke gaan en kyk in watter opsigte is hulle nie gehoorsaam aan die opvoedings-voorskrifte daarin nie. So kan hulle agterkom waar en hoe hulle hul kind bederf, wat hulle moet bely en dadelik moet begin regstel.
ASSEBLIEF - verstaan tog as dit van toepassing is op jou : bederf  berei jou kind voor vir die verderf. Moet dit nie doen nie.
Begelei hom/haar na Jesus toe!
                                               
                                                  4.2 Dwing reëls konsekwent af. (Maak min maar noodsaaklike reëls) en kry 'n kontrole-sisteem in plek daarvoor.

                                                  4.3 Straf moet konsekwent en liefdevol en begeleidend wees. 
Die kind moet verstaan dat dit die Here is wat hom regeer deur sy ouers, en dat ongehoorsaamheid aan die ouers eintlik ongehoorsaamheid aan Hom is. En as die Here vind dat die ouers nie goeie verteenwoordigers van Sy gesag oor die kind is nie, mag God direk ingryp, en dan gaan dit gewoonlik baie moeiliker met die kind as wanneer die ouers met hom werk! - en dit moet die ouers veral, goed begryp en tot verantwoordelike optrede teenoor hul kinders maan.

                                                   4.4  Begrip vir die oortreding en belydenis en herstelde verhoudinge moet die saak elke keer afhandel.

                                                   4.5 Bid vir en saam met jou kind. Laat hom/haar swem en leef en veilig voel in jou gebede.

 Spr 14:26 bly maar waar! : Wie die Here dien, het daarin 'n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling.   

Ek hoop dit kan vir iemand in jul lewe help. Laat weet as ek myself nie duidelik genoeg en prakties genoeg uitgedruk het nie. Baie van die dinge  weet 'n mens, maar die probleem kom telkens by die praktiese toepassing. Die mate waarin ouers/die ma wat die meeste van haar tyd met die kinders besig is, daarin slaag om dit reg te kry, bepaal of sy haar kind kan oefen op die weg waarop hy moet gaan, sodat hy ook as hy groot is, nie daarvan afwyk nie.. (Spr 22:6)

Sterkte en seën met die groot opvoedingstake!

   

Tuesday, 7 October 2014

Padkaart nommer 2


Hier is die oorspronklike kaart waarvandaan Mariëtte haar kaart afgeteken het, met hierdie briefie daarby :

Liewe Alta,

Ek het vandag weer geleer dat ek die Heilige Gees moet vertrou om goed te onthou. Die Here wat ons gemaak het weet dat hoe ouer ons word, ons meer gaan vergeet en dat ons Hom nodig het om Sy werk te onthou. Die Engelse sê dit so mooi: to bring it to rememberance. 

Ek het die oorspronklike boek op die internet gaan soek waar die kaart in was en glo my, as jy teen meer as 7000 boeke van Pilgrim's Progress moet gaan soek en jy kan nie eers onthou hoe die buiteblad gelyk het nie, omdat dit al meer as 10 jaar gelede was, kan die 'onthou' net van die Here af kom. Ongelukkig moet ek dit in 2 dele scan, my scanner is nie groot genoeg om die hele kaart op een bladsy te kry nie en op die manier kan 'n mens mooier sien wat aangaan. 
Al die eer aan die Here!

Liefde, 
M





















Nou toe, wie gaan vir ons 'n Afrikaanse enetjie aanstuur? 
En laat weet hoe dit langs die pad gaan.
 
Soos my skoondogter wat op my navraag o.a. rapporteer : 
"Ek kan nie nou meer woordeliks onthou, of die hele gesprek onthou nie, maar die meisies was in die stad Ydelheid en Anel het Leanie probeer oortuig om saam met haar na die Hemelstad te gaan. Maar Leanie sê daars nie so 'n stad nie en dis baie lekker in Ydelheid... Anel verduidelik toe net hoe sleg dit is in Ydelheid en dat sy liewer gou moet besluit om daar uit te kom, anders sal sy nooit in die Hemelstad kan kom nie..."
Ek onthou ook hoe twee van my ander kleinkinders vroeër op dieselfde ouderdom (ongeveer 4 en 6 jr onderskeidelik) gespeel het, toe Shaun op 'n stadium vir Lenay diep ongelukkig maak. Sy kyk hom so nadenkend aan en merk sonder skroom op : 
"Oooo, dit lyk my daardie sondelas daar op jou rug pla jou darem baie vandag  ...!"  

'n Geseënde pelgrimsreis vir julle elkeen!
En mag ons mekaar dikwels daar aan die voet van die kruis ontmoet, waar ons ontslae kan raak van die swaar laste op ons rug.




Monday, 6 October 2014

'n Padkaart vir Padkos

Mariëtte skryf op 3 Oktober as kommentaar op JV se vraag, “Is hier mammas wat Klein Pelgrim lees vir hulle kinders? Van watter ouderdom af het julle begin?” : 
“Jy kan al klein begin met die kinders en dit op jou eie manier vir hulle vereenvoudig. 
Toe my kinders klein was, het ek op die oulikste Engelse boek van Pilgrims Progress afgekom wat heeltemal uit druk is. Ek het dit by ons vorige kerk in die biblioteek gekry en in die boek het hulle 'n padkaart van die storie in die middel gesit. Ek het die kaart op my skewe stokmannetjies gereproduseer vir hulle en vir my Sondagskoolklas en dit was 'n groot 'hit'. Ek kan nie teken om my lewe te red nie, maar dit het die kinders glad nie gepla nie. Ek dink die boek is so ‘real’ dat 'n mens op enige gegewe dag presies weet waar jy as pelgrim in jou eie lewe is. En soos wat jy dit in jou eie lewe ervaar, sal jy daardie kennis vir jou kinders kan oordra. 
Bv. my liewe meisiekind kon soms so moedeloos word oor dinge. Met die kaart in ons huis was my vraag gewoonlik waar op die padkaart is sy met haar moedeloosheid. En dan kon sy gou uitwys sy is by die 'castle of despair.' En hoe kom jy uit die 'castle of despair?' Die beloftes van God wat die sleutel is om uit die kasteel te kom. En dan het sy na beloftes van God gaan soek wat haar wapens was om die spesifieke situasie te hanteer. 
Soms as ek oor goed moedeloos voel is dit vir my te wonderlik om te sien hoe my kinders my ‘accountable’ hou en terug verwys na die padkaart. 
Ek hoop ek kan 'n foto aanheg om vir julle te wys wat ek gedoen het.” 
Intussen het sy die kaart vir my met e-pos gestuur :  "Hier is die foto van die kaart. Dis werklik primitief en was net met inkleurpotlode gedoen wat ek sommer by die kinders geleen het, maar mense wat 'n bietjie kuns-sin het, kan 'n pragtige een illustreer. Gelukkig hoef ons nie 'n Rembrandt te wees voor die Here ons kan gebruik nie, né!"


Ek plaas dit hier, met al die Afrikaanse name soos wat dit in Klein Pelgrim verskyn, onderaan.



City of Destruction = Die stad Verwoesting
Slough of Despond = Moedeloosmoeras
Morality Village = Wêreldwys se Dorpie (Goeie-Gedrag of Goeie-Werke)
Wicket Gate = Die Nou Poort
Beelzebub’s Castle =  Die Vyand se Kasteel
House of the Interpreter = Huis van die Uitlêer
Wall of Salvation = Muur van Redding
Pleasant Arbor = Rusplek onder die Bome
House Beautiful = Paleis Pragtig
Valley of Humiliation = Vallei van Vernedering
Deep Ditch = Diep Afgrond
Bog = Modder-moeras
Valley of the Shadow of Death = Die Donker Doodsvallei
Wilderness = Woestyn
Vanity Fair = Die Stad Ydelheid
Pleasant Meadow = Die Vallei van Vrede
Green Meadow = Die Sypad Weiveld
Doubting Castle = Kasteel Twyfel
Delectable Mountains = Die Lieflike Leersame Berge
Beulah Land = Die Betowerde Grond

Ek vertrou dit gaan al ons entoesiastiese mamma’s en ouma’s help en aanspoor om vroeër as later te begin met Klein Pelgrim se Reis. En saam met hulle almal sê ek baie dankie, Mariëtte, dat jy dit met ons deel! 
Iewers gaan ons iemand hê wat, glo ek, hierdie kaart in Afrikaans gaan teken en afneem en vir my stuur, sodat ek dit ook kan plaas. Dan kan daardie kaart in elke huis pryk om ons saam met ons kinders aan te moedig om nie langs die pad te bly lê as ons struikel nie. 

Of in die woorde van Josef aan sy broers in Gen 45:24 : Moenie langs die pad bang word en begin twyfel nie!

Dit is net moontlik, soos wat Klein Pelgrim voortdurend uitvind, as ons Heb 12:3 in ons harte en denke bewaar :
Hou Jesus voor oë, wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. DAN sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.


Wednesday, 1 October 2014

God en TYD

Therese vra na die vorige bespreking oor lang tydperke, die volgende :
Ek het wel 'n vraag oor die Skrif wat sê een dag is vir God soos 'n duisend jaar en 'n duisend jaar soos een dag. Kan dit nie beteken dat God wel oor 'n langer tydperk kon geskep het nie?

Hierdie is 'n legitieme vraag in terme van die wydverspreide aanvaarding in die Christendom onder leiers en leke, van lang tydperke wat met die skepping geïmpliseer is. Vandaar ontstaan die terme ‘teïstiese evolusioniste’ (mense wat tegelyk in God en in evolusie glo) en ‘progressiewe kreasioniste’ (mense wat in die skepping glo maar nie op 'n ‘outydse’ manier nie, eerder op 'n sogenaamd progressiewe/ontwikkelde wyse.)
Dit is gevolglik nodig dat elke Bybel-gelowige hom- of haarself verantwoord oor hul eie posisie, aangesien ons hier te make het met kompromieë tussen evolusie en skepping (iets wat vir konsekwente evolusioniste self onlogies en ondenkbaar voorkom.)
Daar het mettertyd 'n huwelik tot stand gekom tussen wetenskap en godsdiens, ook by name die Christelike godsdiens, agv die geloof dat die Bybel nie 'n ‘wetenskaplike handboek’ is nie en dus deur die wetenskaplike kennis van die dag aangevul moet word vir 'n beter verstaan van die werklikheid. Waar die bevindings en interpretasies tussen dié twee bronne dan oënskynlik verskil, het ‘die wetenskap’ stelselmatig voorkeur begin verkry bo die Bybel.
Die rede?
Die wetenskap verklaar verskynsels met sy 'onomstootlike wetenskaplike teorieë en bewyse’. Dit word aanvaar as genoegsame grond om Bybelse uitsprake te hersien, te korrigeer of te her-interpreteer. Die veronderstelling van so 'n benadering is dat die Bybelskrywers nie genoegsame wetenskaplike kennis gehad het nie en dat die Bybel  nie ten volle geïnspireer is deur die Heilige, Alwetende Gees van God nie.
Die gevolg?
Die aanname ontwikkel dat die WETENSKAP onfeilbaar is, terwyl die Bybel as Woord van God wel feilbaar is.

Dat die mens in sy natuurlike staat en met eie wysheid tot so 'n konklusie kan kom, is nie moeilik om te verstaan nie.
Dat die mens wat as Bybel-gelowige verander is en deur die Heilige Gees ook in sy denke en begrip van God vernuwe is, hierby aanklank vind, raak vir die meeste van ons mense in die geloofsgemeenskap problematies. Waar lê die waarheid nou?
Wie moet ek glo, en waarom? As wat vandag allerweë as 'wetenskaplike sekerheid' aanvaar word, more waarskynlik as uitgediende teorieë gaan geld in die lig van nuwe navorsing, volgens die bekende verloop van wetenskaplike geskiedenis, watter waarborge is daar vir vloeibare wetenskaplike kennis of bewyse? Hoe kan ek my kinders met sekerheid lei in so 'n verwarrende situasie?
As Genesis 1 se uitsprake her-interpreteer moet word, wat dan van die res van die Bybel?

Die teks waarna in ons vraag verwys word, staan in 2 Pet 3:8.
Let op na twee sake in hierdie argument :  
1. Net een helfte van die teks word in hierdie vraag se veronderstelde argument gebruik :
'n Dag is vir God SOOS 'n duisend jaar.” ('n Regte, letterlike dag en 'n regte, letterlike duisend jaar word hier met mekaar vergelyk. Die teks sê NIE 'n dag IS 'n duisend jaar nie, maar SOOS 'n duisend jaar vir God.)
Maar die omgekeerde is net so waar van Hom : “'n Duisend jaar is SOOS 'n dag vir God.”
Vir diegene wat hier 'n dag wil gelykstel met 'n duisend jaar, moet die teenoorgestelde dus ook geld : 'n duisend jaar sou dan ook gelykgestel moes word aan 'n dag. Die een stelling kanselleer logies die ander een uit, of veronderstel die ander een logies.
Dit herinner ook aan die uitspraak in Ps 90:4: "'n Duisend jaar is vir U soos gister, of soos een enkele wagbeurt (= 4 ure) in die nag."
Maar onthou nou, dis nie 'n stelling nie, dis net 'n vergelyking.
Met die oog waarop?
Om aan ons te verduidelik dat God nie beperk of beïnvloed word deur natuurlike prosesse in die TYD soos ons nie. Hy is met die SAAK, met Sy soewereine plan, besig en voer dit uit, ongeag van hoe ons dit in die tyd beleef of daaroor voel. Sy plan het hier te make met die redding van mense (HER-SKEPPING) en nie met die oorspronklike SKEPPING nie.

2. Die KONTEKS van hierdie bekende uitspraak van Petrus word normaalweg nie bereken wanneer dit aangehaal word nie. Dit is naamlik  NIE die skepping nie, maar wel die wederkoms van Christus, en wie dan daarvoor gereed gaan wees, waaroor dit hier gaan.

In dié betrokke konteks sê Petrus dus dat God (wat ons weet ewig is) buitekant TYD staan. Wat vir ons voel  soos 'n dag (kort TYD) of soos 'n duisend jaar (lang TYD), watter kant toe ook al, het nie betrekking op God nie en is niks vir Hom nie. Of dit dus kort of lank voel vir ons, ons moet die TYD wat ons wel het, kort of lank, UITKOOP om gereed te wees vir Sy koms en nie die heerlikheid van 'n ewigheid in Sy lieflike teenwoordigheid misloop nie!

Interessant genoeg was die omgekeerde probleem in die vroeër kerkgeskiedenis teenwoordig, nl dat mense gesê het hulle kan nie glo God het so LANK geneem soos 6 dae om alles te skep nie!
Let op Martin Luther se antwoord vir hulle, en ek vertaal vry :
“As Moses skryf dat God in ses dae die hemel en aarde en alles daarin geskape het, laat hierdie periode dan toe om steeds ses dae te wees. Moenie probeer om argumente te ontwikkel waarvolgens ses dae dan een dag word nie. Maar as jy nie kan verstaan hoe dit in sés dae moes gedoen word nie, gee dan ten minste vir die Heilige Gees die eer om meer geleerd te wees as jy. Want jy moet met die Skrif omgaan op so 'n wyse, dat jy onthou God sê Self wat geskryf moet word. En aangesien God Self aan die woord is, pas dit jou nie om Sy woord willekeurig te draai in die rigting waarin jy dit graag wil stuur nie.” (‘Six days or millions of years?’  deur Ken Ham, p 11) * 

Om dus Therese se vraag te beantwoord :

Vir God is NIKS onmoontlik nie. (Luk 1:37)
Natuurlik KON Hy oor 'n langer/baie lang tydperk skep – net soos wat Hy oor 'n korter tydperk/binne 'n oomblik kon skep.
Waarom (so lank soos) ses dae, soos ons dit ken?
Die antwoord vind ons in Ex 20:11, as basis van die vierde gebod : In ses dae het God die hemel en aarde en alles daarop gemaak, en op die sewende dag gerus, en daardie dag geheilig en geseën… Sodoende vind 'n 7-dag week sy oorsprong en betekenis in die Woord van God en die skepping.
Ons week word volgens hierdie prinsipe / vergelyking bepaal en bevestig en tot op hierdie dag draai die lewe van die mensdom om 'n 7-dag week.
God het ses letterlike dae gewerk en toe een letterlike dag gerus, as voorbeeld vir die mens om na te volg – nie ses duisend of ses miljoen jare as verteenwoordigend van ses dae nie. Was dit wel sulke lang ‘dae’, hoe sou ons dit kon navolg? Wat se soort ‘week’ sou ons dan hê? Wat sou die implikasie wees vir Adam, wat op ‘Dag’ 6 geskape is, geleef het deur ‘Dag’ 7 en daarna soveel ‘dae’ geleef het soos wat daar in 930 jaar is? (sien Gen 5:5)
Hoe lank sou Jesus in die graf wees volgens hierdie model – 3000 jaar?

Maak dit regtig saak wat ons glo oor die tydperk van die skepping?
Ek glo so, ja, saam met die menige skeppings-wetenskaplikes van ons dag en Bybelgelowiges van baie eeue.
Dit het uiteindelik ook implikasies vir ons hele verstaan van die verlossings-evangelie.
Evolusie-wetenskaplikes beweer dat die fossiel-lae dwarsoor die wêreld terugdateer na honderde miljoene jare gelede. Lank voor die verskyning van die mens, het verskillende laer lewensvorme ontwikkel uit mekaar na hoër lewensvorme, en was daar dus reeds dood, bloedvergieting, siekte, dorings en lyding.
Vir Adam het God egter gesê: As jy ongehoorsaam is en sondig, sal jy sekerlik sterwe... Dood het dus eers ingetree na die skepping en sondeval. Vir die Bybel vind hierdie verskynsels net een enkele oorsaak, nl die sonde.
Die dood kon dus nie (miljoene jare) voor die sondeval bestaan nie.
Net so het Jesus se kruisdood nie daarsonder enige rede of sin of hoop vir sondaars nie.

Ken Ham sê ten regte : "Hierdie idee toon 'n foutiewe benadering tot die Woord van God - asof dit geïnterpreteer kan word op die basis van feilbare teorieë van sondige mense." (p1) *



* Hierdie boekie, Six days or millions of years?, is uitgegee deur Answers in Genesis (www.AnswersInGenesis.org) en dien as basis van hierdie bespreking. Ek vertrou hiermee dat dit duidelik sal word hoe maklik verkrygbaar en beskikbaar antwoorde is op ons vrae en hoe onnodig dit is om oningeligte of eensydige menings te hê of te onderskryf.