Meline se vraag was aanvanklik : "Hoe pas 'dinosaurs' en iets soos die 'ice age' in God se skepping in as dit miljoene jare gelede was?" Ek het eers geantwoord met algemene riglyne om as raamwerk te dien by die benadering van sulke soort vrae - veral met die oog daarop om ons kinders te begelei in die vind van antwoorde. Toe het ek die vraag oor dinosaurusse beantwoord, en ingegaan op die miljoene jare/lang tydperke-teorie. Vandag wil ek die Ystydperk van nader beskou, en vertrou dat hierdie bespreking lig sal werp op die probleem. *
Wanneer ons antwoorde soek oor die verlede, word ons gelei deur ons voorveronderstelde wêreld-beeld, soos wat ek reeds vroeër verduidelik het.
Wanneer ons antwoorde soek oor die verlede, word ons gelei deur ons voorveronderstelde wêreld-beeld, soos wat ek reeds vroeër verduidelik het.
Vanuit
'n Bybelse wêreldbeeld, kry ons bv ons antwoorde deurdat ons vra wie daar in
die verlede teenwoordig was. Dus soek ons die antwoord by die Skepper, wat
teenwoordig was toe die dinge in die verre verlede plaasgevind het. In sy
Woord, wat nogal begin met die woorde: “In die begin het God…”, vind ons 'n magdom
wenke en aanduidings en direkte uitsprake wat ons lei na antwoorde oor die
verlede, ook vir die hede en die toekoms. Vergelyk byvoorbeeld die verwysings
na iets soos 'n Ystydperk in die antieke boek van Job (37:9-10, 38:22&23,29-30).
In 'n sekulêre wêreldbeeld,daarenteen, word antwoorde gesoek vanuit ander uitgangspunte. So formuleer die
Evolusionistiese wêreldbeeld sy geloof in waarnemimgs in die hede,
as die sleutel tot die verlede. Verder verklaar die Evolusie-teorie alle waarneembare
verskynsels vanuit 'n geloofs-aanname in lang tydperke, nl miljoene en biljoene jare.
Die (laaste) Ystydperk het vervolgens vir evolusioniste 2 miljoen jaar gelede
begin, en omtrent 11,000 jaar gelede geëindig. Maar die teorie aanvaar dat daar
baie meer afwisselende ystydperke was, elke ongeveer 20-30 miljoen jaar. 'n Aanneembare
verklaring daarvoor, bly hulle egter ontwyk.
Wat is die noodsaaklike
bestanddele vir 'n Ystydperk?
Daar moet ten minste 2 komponente wees vir so 'n verskynsel
om tot stand te kom :
KOUE en WATER/VOG.
Om net koeler lug te hê, is nie genoeg nie. Daar moet ook genoeg vog in die lug wees om ys-lae te vorm en in stand te hou. Dus, om 'n Ystydperk te hê, moet daar 'n manier wees om baie water uit die see in die lug en op die land te kry, in koue temperature, wanneer verdamping van vog juis onwaarskynlik en selfs onmoontlik is.
Gevolglik is die oorsaak van die Ystydperk 'n misterie vir die Evolusioniste. Hierdie teorie kan wel 'n koeler aarde verklaar, maar dit gee minder verdamping en vog in die lug, wat nie 'n Ystydperk tot gevolg kan hê nie. Globale verkoeling is nie 'n genoegsame oorsaak nie, want dan sou daar minder verdamping wees en dus ook minder sneeu.

Die probleemvraag bly dus : “Hoe is dit
moontlik om albei gelyktydig te hê :
'n koue klimaat en baie verdamping?”
'n koue klimaat en baie verdamping?”
'n Meer
waarskynlike antwoord kom van die kant van Skeppings-wetenskaplikes.
As 'n na-spel van die Groot Vloed, of Noag se vloed, toe al die fonteine van die groot dieptes oopgebreek het, moes baie warm water en lawa waarskynlik direk in die see gevloei het. Die gevolg hiervan was dat die baie warmer oseane (30°C) baie meer verdamping veroorsaak het. Terselfdertyd was daar groot hoeveelhede vulkaniese as en gasse in die lug na die Vloed, nadat die aardkors oopgebreek het. Hierdie aërosol in die atmosfeer het die sonverwarming op die aarde geblokkeer, asook sonstrale teruggekaats in die ruimte. So het die Vloed die kombinasie geproduseer van
1. Baie verdamping vanaf die verwarmde oseane en
2. 'n koue kontinentale klimaat agv die vulkaniese sonblok.
Dit sou die toename in sneeu oor die kontinente kon veroorsaak. Wanneer sneeu vinniger val as smelt, bou yslae op. Waarskynlik het dit oor 'n paar eeue so voortgeduur.

Met hierdie waarskynlike
verskynsels net na die Vloed, is dit moontlik om albei hierdie elemente
gelyktydig te vind en te verklaar. Met warm water uit die onderaardse dieptes
wat meng met die voor-Vloedse oseaan-water, word die oseane baie warmer as
vandag. Baie meer verdamping vind plaas wat baie meer vog in die lug beskikbaar
stel vir storms. So word sneeu en ys by middel- en hoë-breedtegrade gegenereer,
naby die ontwikkelende ys-lae. Die as en gasse gee die nodige verkoeling van
die somers. Al hierdie verskynsels tegelyk teen die einde van die Vloed, moes ‘soos
'n gelaaide geweer gewees het waarvan die sneller sonder uitstel getrek moes
word – die Ystydperk moes eenvoudig net begin’.(Mike Oard)
Daar is sterk
bewyse vir ys en sneeu wat na die Vloed meeste van Kanada en Noordelike VSA,
Noord-westelike Eurasië, Groenland en Antarktika bedek het.
Nog 'n interessante
verskynsel van die Ystydperk, is die sogenaamde Neanderdal-mense. Hulle is
bekend vir hulle geboë, aapagtige voorkoms. Hierdie mense het naby die rand van
die ysveld in Wes-Europa gewoon tydens die Ystydperk. Die donker, koue en klam
klimaat van die landstreek in daardie betrokke tyd, het veroorsaak dat hulle gebrekkige blootstelling aan
sonlig en gevolglike vit D-sintese gehad het – noodsaaklik vir normale
beenontwikkeling.
Uiteindelik het die oseane geleidelik afgekoel (tot 10°C ) met
gevolglike verminderde verdamping en verminderde sneeu-neerslae. Terselfdertyd het
die gasse en as stelselmatig uit die atmosfeer beweeg en gaan lê, en is meer
sonlig deurgelaat. Die gevolg van hierdie proses is dat yslae kon begin smelt –
waarskynlik vanaf ongeveer 500 jaar na die Vloed.
Groot mere het so begin ontstaan, met tydelike natuurlike ysdamme daarin. Maar wanneer hierdie damme uiteindelik begin kraak, moes die mere deurbreek met massa’s water wat geweldige destruktiewe krag moes uitoefen. Wanneer die sneeusmelting dus vinnig genoeg plaasvind, kan die riviere wat hierdie yslae dreineer, in vloed gaan en katastrofes in lokale gebiede veroorsaak.
Daar is sterk aanduidings dat van hierdie meer lokale katastrofes na die wêreldwye Vloed, na alle waarskynlikheid sekere groot soorte soogdiere, soos die mammoete, uitgewis het. Waarkynlik het dit ongeveer 700 jaar na die Vloed plaasgevind, wat as die einde van die Ystydperk gereken word (4000 jr gelede).
Terwyl evolusioniste glo dat daar baie ystydperke was, meen Skeppings-wetenskaplikes dat dit meer waarskynlik is dat daar kom- en gaan-siklusse was, as gevolg van hierdie periodieke lokale oorstromings en katastrofes, binne 'n enkele Ystydperk.

Afkoeling van die oseane het steeds plaasgevind tot by die gemiddelde 4°C wat vandag gemeet word. Die uitwerking van die Ystydperk
beleef ons nog steeds in terme van die reuse-ysvelde van Antarktika en Groenland,
die Alpynse en Andesgebergte-gletsers en gletser-sedimente en -landvorme, bv in Nieu-Suid-Wallis
se Sneeuberge en Tasmanië, wat herinner aan die werking van ys.
Vraag : "Hoe pas 'dinosaurs' en iets soos die 'ice age' in God se skepping in as dit miljoene jare gelede was?"
Antwoord : Dit het nie miljoene jare gelede bestaan nie, en pas perfek in God se skepping in in 'n jong aarde-model.
OF
Jy glo dat God nie geskep het nie en dat Evolusie oor lang tydperke so 'n verskynsel laat ontstaan het, sonder dat dit verklaarbaar is.
* Ek verwys net weer na die bronne aangegee in die aflewering van die post van 31 Augustus, wat hier gebruik is, asook die boek : Antwoorde oor die Skepping/Answers in Genesis, uitgegee deur CMI.

Hallo tannie. Baie dankie vir die informasie oor die "dinosaurs" en ystydperk. Ek vind dit baie waardevol vir myself en my kind. En selfs in gesprekke met volwassenes. Ek het wel n vraag oor die skrif wat se een dag is vir God soos n duisend en n duisend soos een dag. Kan dit nie beteken dat God wel oor n langer tydperk kon geskep het nie. Dan op n heel ander onderwerp het ek n vraag oor spoke. Bestaan spoke,of te wel geeste wat nie tot rus kon kom nie? Se die skrif nie erens dat ons slaap tot Christus weer kom vir die oordeelsdag nie?
ReplyDeleteTherese, jou eerste vraag beantwoord ek op die volgende post.
ReplyDeleteOor spoke : Ja, geeste bestaan wel, en in twee kategorieë. Engele of dienende geeste, waarvan Heb 1 byvoorbeeld praat, is heilig/sonder sonde, en in gehoorsame diens aan God. Bose engele/geeste, wat 'n derde van die geskape engele verteenwoordig, het agter Lucifer aan teen God in opstand gekom en geen genade tot redding ontvang soos die gevalle mens nie. Hierdie geeste is uitsluitlik daarop uit om God te beveg en sy skepsels/skepping te vernietig, en word deur Jesus self beskryf as die mense-moordenaars en wesenlik misleidende leuenaars (vyande van die waarheid).
Ek lei af uit jou vraag dat jy miskien eerder verwys na iets soos rustelose geeste van mense wat dood is...? Nee, sodra 'n mens sterf, gaan hy na waar sy plek voorberei is deur God. Indien daar wel manifestasies is van so iemand se 'gees', is dit gewoonlik werklike misleidende geeste wat hulself in daardie vorm 'vermom'. Sulke soort verskynsels hou mense besig met baie spekulatiewe vrae en argumente, ipv om hulself besig te hou met die geopenbaarde waarhede van God wat hulle kan help en voorberei om self te sterf in vrede.