Die blog-praatjie van 13 Augustus het ek afgesluit met die vraag : Word die plek van ons pyn en stryd gebruik as 'n terrein waar die krag en lewe-gewende geur van Jesus vertoon en versprei word?
Baie van ons mag dalk dink dis net 'n intellektuele spel van mooi-klinkende woorde - 'n teorie wat nie grondvat in die werklikheid nie. Ek glo dit is 'n saak wat in die praktyk geïmplimenteer kán word.
Is dit maklik? Nee.
Is daar 'n algemene 'resep' wat vir almal geld? Nee.
Maar wanneer ons die beginsel snap, kan ons dit begin oefen en toepas in ons eie verskillende situasies en uitdagings. Daarom is dit goed om die beginsel van 'n saak te deurdink en te formuleer. Maar om daar op te hou, help niks. Beginsels en algemene waarhede is bedoel om neerslag te vind in die praktyk van ons lewe. Dan word ons geloof, in Jakobus se terminologie, lewendig, en bly dit nie 'n lyk in lippetaal toegewikkel soos in 'n doodskleed nie. Daarom is die TOEPASSING (Engels 'application') van beginsels so belangrik, dat ons dit nie genoeg kan beklemtoon nie.
Die Puritein, John Owen, het dit so gestel, en ek vertaal dit vry en interpreterend :
'Ons sukkel om met vreugde en vryheid ons lewensstyl te stileer volgens Bybelse voorskrifte.
En dit nie as gevolg van te min onderrig oor en kennis van
belangrike beginsels oor onsself en oor God. nie,
maar as gevolg van 'n gebrek aan noukeurige
nadenke oor en toepassing van
daardie waarhede.'
"Hoe?"
Dis 'n moeilike en seker die mees gebruikte woordjie op ons tong, van die oomblik af dat ons kan begin praat. Hóé gebeur dit? Hóé omskep ek die terrein van neerlaag in 'n terrein van oorwinning en 'n sinvolle lewe?
Ek wil, aan die hand van 'n ware verhaal, 'n antwoord op hierdie vraag probeer illustreer.
Sy's my vriendin vir baie jare al. Ons het menige winters en lentes van ons persoonlike lewe asook ons ervarings met God gedeel. My man sê ons is 'bloedsusters', en omdat sy met haar kenmerkende erns alles geestelik interpreteer, glo sy vas dis die waarheid. "Ons is met mekaar verbind deur die bloed van die Here Jesus", meen sy, en daarmee is ons vriendskap verseël.
Sy het die mooi naam van Marianne.
Dit is 'n vroeg-Saterdagmiddag in die hoog-somer van 2009, toe sy die oproep kry wat geen ma wil ontvang nie. Haar 35-jarige seun het gras gesny by sy huis in 'n ander provinsie, toe die massiewe hartaanval hom sonder seremonie en in 'n oomblik wegneem...
Hoe is dit moontlik? Sy hoor nog sy stem vier dae tevore, toe hy met 'n werksbesoek in hulle stad vir laas nog by haar gekuier het vir 'n paar dae :
"Ma, die oes in my huis is ryp. Wil julle nie oorweeg om na ons kontrei toe te trek sodat my kinders die voorreg kan hê om deur hulle ouma geleer te word nie?"
Sy stem is pleitend en dringend, want hy begin verstaan hoe vinnig kinders kan grootword en hoe kosbaar die kombinasie van ervaringskennis en die liefde van 'n ouma vir hulle kan wees. Sy verduidelik hoe graag sy dit sou wou doen, maar hoe prakties onmoontlik dit op daardie stadium vir hulle is. En toe hulle groet - wat nou sy afskeidswoorde blyk te wees - weer vir oulaas :
"Onthou, die oes is groot en dis ryp..."
En nou hier, telefoon in die hand, weerklink dit nog helder in haar. Met 'n onwerklikheid wat moeilik verteer kan word in hierdie oomblikke, beweeg sy skielik na die wêreld van tot nog toe ongekende pyn en rou smart. Haar hart breek in duisend stukkies.
Maar daar is nie nou kans of krag om kieskeurig en uitsoekerig te wees oor wat die gebroke kleipot vrystel nie. Reserwes wat oor lang jare moeitevol bymekaargemaak is, genade wat sorgvuldig van dag tot dag met die krag van die Heilige Gees ontvang en gedeponeer is en word, is al waarop sy nou kan terugval. 'n Lang, moeitevolle proses van treur, verlange en verlies-aanvaarding volg. In die stryd om te leer om sonder hom sinvol verder te leef, besef sy een ding : sy het 'n taak. Sy kan nie gaan lê nie. Sy moet sy dood laat TEL vir hulle wat nog lewe, en vir hulle wat sy lewe voortsit. Sy sal bid oor sy laaste versoek. Kan dit 'n opdrag word tot bereiking van veel meer kinders as net haar eie kleinkinders? Die oes is voorwaar groot, en ryp; die arbeiders maar min.
En so word haar smart die brandstof wat elke uitdaging in hierdie beproewende tyd aanspoor tot oplossings en aktiewe, sinvolle arbeid - vir Hom en vir hulle...
Vandag het sy reeds 'n paar boeke die lig laat sien, opgedra aan haar kinders en kleinkinders, en deur hulle aan al ons kinders.**
Vandag het sy reeds 'n paar boeke die lig laat sien, opgedra aan haar kinders en kleinkinders, en deur hulle aan al ons kinders.**
1. Sy het die Engelse klassieke verhaal van John Bunyan, deur Helen Taylor verwerk vir kinders, nl Little Pilgrim's Progress,
vertaal in die pragtigste Afrikaans : Die Klein Pelgrim se Reis.
Dit sluit die twee boeke/dele in van die onderskeidelike reise van die seun, Kleinchristen, en van die dogter, Christiana.
Dit sluit die twee boeke/dele in van die onderskeidelike reise van die seun, Kleinchristen, en van die dogter, Christiana.
Voorblad
Agterblad
Agterblad en
Voorblad
Voorblad
3. Bybellesse vir kinders volg stuksgewys :
Sy het reekse preke begin deurwerk en dit toe vir kinders verwerk in 'n Bybelles-formaat, nl Arbeiders vir die Oes.
Dit is volkleur werkboeke, geskik vir persoonlike stiltetyd of huisgodsdiens of informele onderrig deur ouers of onderwysers of grootouers... noem maar op.
Dit is volkleur werkboeke, geskik vir persoonlike stiltetyd of huisgodsdiens of informele onderrig deur ouers of onderwysers of grootouers... noem maar op.
Nr 1 Nr 2
en
agterblad (onder)
en
agterblad (onder)
Sy werk steeds onverpoosd aan die opvolg hiervan,
asook aan die vertaling van 'n gids vir volwassenes by die gebruik van Klein Pelgrim. Haar gebed is dat God sy waarheid sal vaslê in hulle wat met een van die boeke en dus ook met die Bybel besig is; en dat hulle nie net sal kom tot geloof in en liefde vir die Here Jesus nie, maar ook hulle lewens sal wy aan die goeie dade wat Hy vir hulle bestem het.
En in die verskyning van elke nuwe uitgawe, sien sy die sin, en vier sy die nagedagtenis, van die lewe van 'n seun wat haar vir 'n kort tydjie vooruitgegaan het na hul ewige tuiste.
Intussen het ons familie-kindertjies reeds menige vreugevolle tye spandeer rondom die avonture van Kleinchristen en Christiana, met wie hulle maklik identifiseer, en word die lesse wat hulle daar leer, deel van hulle alledaagse spel en pret.
Intussen het ons familie-kindertjies reeds menige vreugevolle tye spandeer rondom die avonture van Kleinchristen en Christiana, met wie hulle maklik identifiseer, en word die lesse wat hulle daar leer, deel van hulle alledaagse spel en pret.
Het sy dit reggekry? Dit lyk vir my so.
Hoe? Met die krag van God wat alles oortref en wat in ons woon, het sy gekies vir diensbaarheid en gewillige onderwerping aan die wil van Hom wat die finale seggenskap het oor ons lewe.
Hoe? Met die krag van God wat alles oortref en wat in ons woon, het sy gekies vir diensbaarheid en gewillige onderwerping aan die wil van Hom wat die finale seggenskap het oor ons lewe.
Sal ek en jy dit ook so kan regkry?
Hoe lyk daardie besondere plek van aanvegting in ons lewe?
Sal ons dit nie ook maar begin benut as 'n terrein waar ons verliese 'n aansporing word om wins te maak nie? Dan kan ons ook die lewe-gewende geur van Jesus begin versprei, juis daar waar dit die meeste uitgedaag word.Hoe lyk daardie besondere plek van aanvegting in ons lewe?
** NS : Bestellings kan by Marianne self geplaas word per epos : mcswanepoel@gmail.com
Pryse is soos volg vir ten minste nog die volgende 6 maande :
Arbeider-boeke = R70 elk;
Inkleurboek = R50;
Die Klein Pelgrim se Reis (deel 1 en deel 2 ingesluit) = teen 'n verminderde bedrag van R85,
en R70 vir 10 of meer.
Is hier mammas wat Klein Pelgrim lees vir hulle kinders? Van watter ouderdom af het julle begin?
ReplyDeleteKlein Pelgrim is as vertaalde werk, taalkundig besonder goed versorg. Dit maak dit 'n plesier om dit vir kinders voor te lees. Hoe jonger kinders is, hoe meer moet mens interpreterend en in eenvoudiger taal 'lees'. Hoewel die taalgebruik m.i. seker omtrent op laerskoolvlak is, kan dit maklik aangepas word vir kleuters. Ek het dit vir my kleinkinders van 4 en 6 jaar voorgelees met groot sukses. Ek probeer as ouma met die voorlees dramatiseer en situasies humoristies maak indien moontlik. Dit trek die kinders in die verhaal in, wat deurgaans redelik ernstig is.
Die geestelike waarhede is so universeel, dat dit op elke persoon se lewenssituasies en ontwikkelingsvlak toegepas kan word, hetsy dit kleiner of groter kinders is, of selfs volwassenes. Dit maak Klein Christen se Reis ons almal se reis. Dit daag ons daarom nie net uit om dit weer en weer te lees nie, maar ook om onsself te toets soos wat ons vorder met ons eie lewensreis : Verstaan en leer ek Klein Christen se lesse goed?
Pas ek hierdie waarhede toe?
Voer my reis my ook na sy begeerde bestemming?
Of bly dit maar vir my net 'n speel-speel storie op papier?
Ons durf ons kinders nie antwoorde op hierdie vrae laat ontduik nie. Dus behoort ons hulle nie die ervarings van Klein Pelgrim op sy lewensreis te laat misloop nie!
Ons het die fliek Pilgrims Progres gekyk. Is die boek vir kinders baie dieselfde as die storie/fliek? My kinders leef hul self so in en is gedurig aan die rol speel! Sal die boek in die hande probeer kry!
ReplyDeleteLekker om weer van jou te hoor!
ReplyDeleteJa, die boek is dieselfde, net met kinder-karakters en voorbeelde/taal wat by hulle pas. En natuurlik is daar meer draaie wat Klein Pelgrim maak as wat in die prent voorkom. Maak julle gereed vir 'n opwindende avontuur!!
JV, jy kan al klein begin met die kinders en dit op jou eie manier vir hulle vereenvoudig. Toe my kinders klein was, het ek op die oulikste engelse boek van Pilgrims Progress afgekom wat heeltemal uit druk is. Ek het dit by ons vorige kerk in die biblioteek gekry en in die boek het hulle 'n padkaart van die storie in die middel gesit. Ek het die kaart op my skewe stokmannetjies gereproduseer vir hulle en my Sondagskoolklas en dit was 'n groot 'hit'. Ek kan nie teken om my lewe te red nie, maar dit het die kinders glad nie gepla nie. Ek dink die boek is so real dat 'n mens op enige gegewe dag presies weet waar jy as pelgrim in jou eie lewe is. En soos wat jy dit in jou eie lewe ervaar, sal jy daardie kennis vir jou kinders kan oordra. Bv. my liewe meisiekind kon soms so moedeloos word oor dinge. Met die kaart in ons huis was my vraag gewoonlik waar op die padkaart is sy met haar moedeloosheid. En dan kon sy gou uitwys sy is by die 'castle of despair.' En hoe kom jy uit die 'castle of despair?' Die beloftes van God wat die sleutel was om uit die kasteel te kom. En dan het sy na beloftes van God gaan soek wat haar wapens was om die spesifieke situasie te hanteer. Soms as ek oor goed moedeloos voel is dit vir my te wonderlik om te sien hoe my kinders my accountable hou en terug verwys na die padkaart. Ek hoop ek kan 'n foto aanheg om vir julle te wys wat ek gedoen het.
ReplyDeleteThis comment has been removed by the author.
ReplyDeleteWeet iemand dalk hoe laai mens 'n foto af by hierdie post?
ReplyDeleteEk behoort seker te kan help, Mariëtte, maar is steeds besig om dikwels self te sukkel met wat ek graag wil doen - jy weet mos, ons geslag is elektronies onafgerond en 'n gedulds-uitdaging vir julle...!! Maar ons wil baie graag daardie kaart hê. So as jy dit vir my epos of whattsapp, sal ek dit plaas saam met jou briefie op die volgende post. En baie dankie vir jou bydrae hier. Enige vrae wat hulle vir jou mag hê, kan hulle dan direk vir jou vra sodat jy dit kan beantwoord.
ReplyDeleteEk hoop dit sal werk soos 'n veldvuur tussen ons mamma's, soos wat hulle mekaar aansteek om 'n hele geslag nuwe klein pelgrimpies te begin grootmaak. As mens kyk na jou ntwee spruite vandag,is dit spore wat die moeite werd is om in te volg!
Dankie Alta, ek sal die foto vir jou stuur. Daar is selfs 'n bordspeletjie al gemaak oor Pilgrims Progress, maar ek is nie seker of dit al in Suid Afrika verkrygbaar is nie.
ReplyDelete