In
ons vorige aflewering oor die belangrikheid daarvan om ons denke te beheer en
te oefen, het ons skema'tjie oor die drie hoofstappe so gelyk :
(1) GEDAGTES lei tot iets wat ek
(2)
GLO. Ek glo dit net omdat ek van mening is dat dit WAAR is. Niemand glo
immers iets wat hy meen 'n leuen is nie. En hierdie geloof lei tot iets wat ek
op grond daarvan
(3)
IS/DOEN.
Ek
het die artikel afgesluit met die opmerking : "Tussen die drie hoofstappe,
naamlik tussen stappe 1 en 2, en tussen stappe 2 en 3, is daar telkens 'n stap
wat ons maklik miskyk, maar wat aandag moet kry. Omdat ons hierdie tussen-in
stappe nie raaksien en aktief daaraan aandag gee nie, besef ons nie hoe maklik
hulle ons pootjie en goeie voornemens laat misluk nie."
Vandag
hervat ek dus met hierdie beloofde tussen-in stappe. Ek vertrou dit maak nie
net ons skema'tjie volledig nie, maar help julle wat julle kinders (of
julleself!) wil leer oefen om hul 'dink-koppies' reg te gebruik, ook met meer
instrumente in jul hand.
Tussen
nrs 1 en 2
Ons
sê maar dit is nr 1 ½ = Die Waarheids-TOETS.
Toets
eers daardie gedagte. Is dit régtig waar? Eers dan mag ek dit as waar
aanvaar, en dit glo.
Het
ek God lief? Ja? Hoe posisioneer ek my dan ten opsigte van die waarheid?
Dit is 'n vraag wat ons onsself móét afvra en waarop 'n baie duidelike antwoord van kardinale belang is. Meer nog. Ons kinders moet van kleinsaf gevorm word met, soos wat een van ons seuns dit stel, " 'n pássie vir die waarheid".
Ons
leef in 'n tyd waarin waarheid relatief geword het. Ons hedendaagse lewens-en
wêreld-beskouing redeneer so : "Wat waar is vir jou, is nie noodwendig
waar vir my nie. Maar ons albei kan die waarheid beet hê, al is ons menings
presies die teenoorgestelde van mekaar, want daar is nie net een, uiteindelike (ultimate) waarheid nie."
Onthou
om jouself en jou kinders in hierdie klimaat voortdurend te herinner aan die
eeue-oue Bybelse beginsel : Waarheid gaan bo en buitekant die mens uit
(transendeer ons). Die gevalle, sondige mens het nie 'n natuurlike liefde vir
die waarheid nie, maar eerder 'n diepgewortelde haat vir die waarheid/liefde
vir die leuen.
Waar laat dit ons as gelowiges ten opsigte van die waarheid? In ons nuwe lewe in Christus. Vir ons geld vervolgens 'n nuwe beginsel : Liefde vir God en liefde vir die waarheid gaan hand aan hand.
Is dit 'n gedagte waarmee ons
kinders en jongmense vertroud is, omdat hulle dit van moedersmelk af inkry? Ek
betwyfel dit, want ek sien nie baie wat 'n passie het vir die waarheid en dit
met ywer soek nie.
Hoe begin ons leuens glo as die waarheid, sonder om dit te besef?
Wanneer
ons nie elke gedagte wat ons glo, toets nie!
Hoe weet ek wanneer ek by die waarheid is? Wat verstaan ons onder "waarheid"?
Eerstens,
het ons die waarheid van die Bybel. Dit word nie bevraagteken nie, maar aanvaar
en gehoorsaam. Daarom moet ons kennis hê van die Bybel. (Leer ons ons kinders om
die Bybel elke jaar een maal deur te lees? Nie? Dan raak dit tyd om te begin!)
Die
Woord is waar, en
Jesus,
die mens-geworde Woord, IS die waarheid, en
Sy
Gees, die Heilige Gees, is 'n Gees van waarheid. Hy leer en lei ons in die
waarheid, en
'n
Bybel-getroue gemeente/kerk met suiwer Woordverkondiging is 'n draer en
beskermer van die waarheid. Die gemeenskap van sulke gelowiges skep 'n
noodsaaklike kontrole vir waarheidsgetuienis en -instandhouding.
Gods
Woord is dus ons maatstaf en die enigste onfeilbare Bron van waarheid, waarmee ons
ons voortdurend moet besig hou en ons gedagtes mee moet vul. Dit is die enigste
manier waarop ons denke deur die Heilige Gees vernuwe kan word om die goeie en
volmaakte wil van God te onderskei en te ken.
Tweedens, soek ons na die waarheid in objektiewe feite en omstandighede.
Byvoorbeeld
: 'Wat het régtig gebeur?'
Vra
vrae en kontroleer/toets d werklikheids-getrouheid van 'n idee of berig oor wat
gebeur het. Ons kan nie bekostig om ons eie idees te huisves oor 'n situasie of
gebeurlikheid, wat ons gekonstrueer het met 'n mengsel van onwaarhede en halwe
waarhede nie. Ek moet seker maak dat ek dit as waar kan aanvaar, voordat ek met
my interpretasie van 'n saak begin werk.
Al
veroorsaak dit pyn of ongemak? Ja, al veroorsaak dit pyn of ongemak. Want my
liefde vir die waarheid is meer diepgewortel as my liefde vir my eie aannames
en idees en oortuigings. My liefde vir die waarheid en my liefde vir God gaan
mos hand aan hand.
Derdens, moet die Woord se waarhede TOEGEPAS word in daardie feitelike omstandighede of situasies. Of anders gestel : Die gebeure moet ondersoek en geïnterpreteer word in die lig van God se Woord. Eers dan kan ek dit evalueer en besluit of en watter soort korreksies aangebring behoort te word.
Met
ander woorde, ons moet nie net die Woord intellektuéél ken nie, al begin ons
daar. Ons moet dit laat práát met 'n lewenspraktyk wat die toets van die
werklikheid deurstaan het.
Tussen nrs 2 en 3
Ons
noem dit maar 2 ½ = Die WIL.
Hy het nie 'n outomatiese stelling nie.
Hy het ook nie 'n onmoontlike slot nie.
Ek moet hom vry-WIL- lig oopstoot
en daardeur ingaan, of hy bly toe.
Matthew Henry verwys in sy kommentaar op Rom 1:2 na die krag van die wil as "that absolute despotic power which the will has over the body and all its members".
Doen ons
altyd wat ons gló goed en waar is? Nee.
Gebruik
ek my wil altyd om wat ek gló vir my goed is, te doen? Nee.
Ons ly tot 'n baie groter mate as wat ons besef, aan passiwiteit in ons denke en gedrag. Die wil(-skrag) ontbreek/word nie gebruik nie, om aktief toe te tree tot gesonde denkprosesse wat die waarheid soek, en wat dit dan implimenteer in 'n gesonde, godvrugtige leefstyl.
Hoe lyk ons vollediger skema dus nou?
1
= GEDAGTES
1
½ = Die TOETS vir die waarheid van hierdie gedagtes
2
= GLO dat die idee/gedagte waar is
2 ½
= WIL aktief raak en dit implimenteer
3
= DOEN dit wat ek glo waar is
Wanneer
ek die twee tussen-in, meer BEWUSTE stappe uitlaat, nl die TOETS en
die WIL,
verloop
die proses so te sê OUTOMATIES : wat ek dink, aanvaar ek as waar, en
dit word 'n optrede/daad. So ontwikkel 'n leefwyse wat deurvleg is met
goed wat ek glo, wat nie noodwendig waar is nie, wat halwe waarhede bevat, maar
wat my optrede deurslaggewend bepaal.
Ek
moet hierdie outomatiese en destruktiewe proses WIL omkeer en die gepaardgaande
moeite WIL doen, voordat dit sal verander.
Hoe
nou verstaan? Kan ek iets daaraan doen wanneer dit God alleen is wat daardie iets in my tot
stand kan bring?
Ja.
Die opdragte van die Bybel en my gehoorsaamheid daaraan is onontkombaar. Ek
moet 'my deel' doen, en dit is om die genade-middele wat Hy aan my beskikbaar
gestel het, te gebruik.
Wat
is hierdie genade-middele? Daar is baie middele waardeur die Here wil werk en
wat Hy tot ons beskikking stel, maar in aansluiting by ons tema wil ek hier net
verwys na die volgende.
Die
beheer van my denk-prosesse in my brein, as die beheersentrum van my liggaam en
al my fakulteite, is byvoorbeeld 'n genade-middel wat ek ontvang het. Ek moet
dit gebruik!
'n
Gelowige, toegewyde ouer wat haar/sy kinders wil grootmaak vir die Here, is 'n
genade-middel van die Here in hul lewens. Ek moet dit gebruik tot hul
siele-heil!
Ek kan nie die wedergeboorte van my kind se hart bewerkstellig nie; ek kan sy hart voed met alles wat hy nodig het om te weet van dié God wat 'n hart van klip kan opwek tot 'n hart van vleis en bloed wat Hom kan liefhê.
Ek
kan nie my kind se ou sondige natuur vernietig nie; ek kan hom bekendstel aan
die kruis van Jesus waar daardie natuur vasgespyker kan word.
Ek
kan nie my kind se talente skep nie; ek kan hom help om sy talente in 'n
rigting te ontwikkel wat geestelik opbou en die Skepper daarvan
verheerlik.
Ek
kan nie sy voorkeure en natuurlike aptyt bepaal nie; ek kan vaardig raak in
planne om sy natuurlike smake te omvorm deur nuwe aptyte te oefen, totdat dit
wat goed is vir hom en wat vir God aanneemlik is,
ook
vir hom bekend en bemind raak.
Ek
kan nie sy uiteindelike lewensstyl bepaal nie, maar ek kan hom voorstel
aan die standaarde van die Bybel en vir hom illustreer hoe om dit as riglyne te
gebruik om 'n leefstyl te stileer volgens die eise van Gods Woord. So leer ons
om eerbaar te leef, in respek vir God, in Wie se teenwoordigheid ons
bestaan.
So
laat ons ons natuurlike geneigdhede en voorliefdes verskuif van wat wêrelds en
self-gesentreerd en eie-willig is, na wat God wil en Hom behaag. So groei ons
in heiligheid en begrip van die dinge waarmee ons ons denke moet vul.
Om Matthew Henry weer aan te haal, in aansluiting by Rom 12:1&2 wat sê, "Gee julleself as lewende, heilige offers... Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe..."
It must be a free-will offering....
Lay your souls under the changing transforming
influences of the blessed Spirit;
seek unto God for grace in the use of all the means of
grace.
Though the new man be created of God, yet we must put
it on (Eph 4:24).
Misluk ons goeie voornemens al te dikwels? Kom ons gaan kyk dan watter stap(-pe) het nog nooit genoeg aandag gekry nie, en begin hulle oefen. Ons durf hulle nie toelaat om ons aanhoudend te pootjie nie. Laat ons dan met groter moed en daadkrag toetree tot die hoë roeping en uitdaging om onsself vry-wil-lig te offer en om ons denke voortdurend te vernuwe onder die kragtige hand van God, met die waarheid as vaandel van lig wat ons lei.
No comments:
Post a Comment