Pages

Monday, 21 July 2014

(I) Passive in Battle




The lady in front of me battles with so many issues in her life, and with no real progress on any of them. As we have agreed to work with the truth as far as we understand it, I venture on the next stage of our journey together:  “I suspect that you have less of a problem with depression than with passivity.”
“I am not lázy!”, the poor woman exclaims in shocked disbelief, as we look each other squarely in the eye.
“No, you are not lazy. That is not what I meant when I suggested that you’ve got a problem with passivity. To be passive, means that you have disengaged in the active, honest response to your life’s struggles and challenges. You follow the path of least resistance, which leads you into your comfort zone of doing what comes naturally, without effort or challenge, even if it is not a pleasurable place for you to be in."

Of course, there can and often is a link between passivity and laziness which I wouldn't deny. But in the case of this woman, and many others I've had the privilege to work with in the past, I am convinced that there is a clear distinction.

Passivity is a good recipe for maintaining the status quo : a down spiral of the féélings of guilt, inadequacy and failure, and of course, even depression. ‘Panic, feeling down, unmotivated’ are emotions frequently described by people in this disposition. So, if we want to reap the same results, we must stick to this recipe. I don’t want to give the impression that this is the only aspect that must be addressed or is applicable to this state of mind. That would over simplify the matter greatly. But I do want to use it as an example to stress the importance of working on an active mind and attitude and to learn how to teach that to our children. This is something that should be regularly attended to and practiced from childhood, which sadly doesn't get the attention it merits.  

A mind left in 'automatic mode', finds its own disorderly way and will not submit to control easily, from without or from within. It will tend to submit to the random thought popping in from 'nowhere' or from observed/experienced circumstances, or to emotions of the moment, to what fééls good, comfortable and familiar, or what is the way of least resistance. It is a mind that can be described as "full of wandering thoughts... (or the)... imagination inflamed, or it is heavy, passive or sluggish and unusable. It is practically out of your own control and is uncontrolled by God." * 

Is this what we want for ourselves and for our children?
Shall we allow ourselves and them to stay stuck in feelings and emotions, not understanding that there is a way out, and how?

A passive mind is, spiritually spoken, actually one manifestation of the mind of the 'old man', which should be renewed , according to Eph 4:22&23.

Therefore passivity in mind and consequent behavior is a recipe :
#  to neither think things through,  
#  nor to hold, apply and express the truths it has already heard of
#  to create feelings of hopelessness, confusion, inner anger and despair – some of the symptoms of
    what is commonly diagnosed as the 'disease of depression'
#  to be prejudiced over truth
#  to not perceive spiritual matters or discern the will of God clearly 
#  to lead us away from the path of active obedience and service to God 

An active mind must be 
#  obtained at the cross for a christian, where the old man with all his faculties must die/ be put off, as
     our text says, and the new man can be born/be put on in the newness of all its faculties (e.g. Eph
     4:22/23)
#  practiced continuously, so that we can think through problems and feelings and experiences, in the
    light of Gods Word. In this process we search for root causes truthfully and pray through these
    things carefully. 
    This is how we start to engage in a specific kind of spiritual warfare and should start to teach
    that to our children as well. To them, their battles and challenges are as real and as difficult as we
    experience ours.
     Battles are fought individually, yes, but they are not fought alone. Soldiers stand next to each
     other, plan to strategically manoeuvre together, helping each other to not become inactive and
     ineffective

Let's take our children's hands and teach them not only that life out there is hard and not always fair, and that we can even be our own worst enemies within ourselves, but also how to handle this life. 
Peter demands in his first letter (1:13) : "Gird up your minds, be sober, set your hope fully upon the grace that is coming to you at the revelation of Jesus Christ."

So, hów do we do this thing called life, in this way??

* We start by studying Gods Word and applying it faithfully. This requires discipline and practice – and utilizing the armor of God. 
“Trying to do things in my own strength, doesn’t work, and just allows me to stay stuck,” our dear lady rightly admitted after understanding what I tried to explain to her in this regard. 
* This also requires the risk of leaving our comfort zones, as uneasy as it might be, and confront unpopular truths like ‘resist’ and ‘sin’, not only once, but again and again.

To lead this dear sister to the realization of what she herself eventually describes as : “My heavenly Father knows what the problem is, and I must take everything to the cross, and I must actively RESIST this enemy…”, isn’t easy, but rewarding and delightful for both of us.

This can be the same regarding our children. 

Will you join hands and approach the battlefield with me - for your own sake, for their sake, and ultimately for the sake of our Lord who showed us HOW? Before you answer, this requires courage and commitment, and honesty. So, while you consider this, we leave the practical side for a future post. 




* The Battle for the Mind, by Jessie Penn-Lewis. p 12





'n Hand Vol Jammerte




Die afgelope 2 weke was 'n tyd van intense dreinering met 'n aansteeklike griep wat ons hele huishouding lam gelê het, soos wat die domino-effek een gesinslid na die ander neergefel het. Gelukkig is dit nie dodelik nie, hou jy aan vir jouself sê, terwyl jy voel of 'n soort dood tog iewers lê en loer en langsamerhand alle reserwekragte en -mense  uitsuig…

Ons ken dit almal, hierdie tye van stilstand en verwondering oor hoe skielik en maklik ons planne tot niks kom nie en ons in hulpelose afwagting uitreik na ankers en bronne buitekant onsself. En as ons stadig begin opstaan uit die verydelde doelwitte vir 'n vakansie en kuier van geliefdes, maak een duidelike baken van onderskeiding  sin : die ervaring het ons onteenseglik verander, ten goede.     
Dit het ons lewe verruim.

Hoe is dit moontlik?
  
Ons deernis en meelewing met ander se klagtes en swaarkry het intussen aansienlik vergroot, en  ons afhanklikheid van God het in enkelvoudigheid gegroei . Enkelvoudig? Ja. Want ons begin noodgedwonge bely :
U ALLEEN      is in staat;
is my hartsverlange;
is vir my genoeg;
is my toevlug;
kan my dra en red en behoue laat deurkom…

Die enkelvoudige Jesus duld nie kompetisie, of opposisie, of 'n mindere plek nie. Wanneer jou asem vlak lê en niks anders skyn te help nie, dwing die erkenning oor jou trotse, stywe lippies :             
  “Net U is die Een deur wie ons lewe, beweeg en bestaan…”

Ek lees in dié tyd Mark 1:40 & 41 :
       Daar kom toe ‘n melaatse man na Hom toe wat smekend op sy knieë voor Hom neerval en vir Hom sê: ‘As U wil, kan U my gesond maak’.
       Jesus het  hom innig jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: ‘Ek wil, word gesond!’

It is owing to His compassion for mankind that He had a hand with which to lay hold”,
 sê 'n Bybel-kommentaar oor hierdie verse.

Hoekom is dit vir ons so moeilik om ons aan Sy kragtige hand te onderwerp?, verwonder ek my opnuut
voor die wonder van Jesus. 'n Hand so vol medelye vir menslike lyding, so vol erbarming in ons
eensaamheid, so vol vriendelike aanvaarding en koel genesingskrag op 'n warm wond, so vol mag in ons
onmag, so vol liefde en sorgsaamheid in ons ankerlose verlorenheid.

Sy hand kan nie anders wees nie, want Sy hart kan nie anders voel nie, sê die teks.

Ken ons Jesus so, in ons huise?
Is Hy vir ons genoeg, of wil ons Hom hê, PLUS…?

Wil ons nog eers ons eie idees laat geld, ons eie planne realiseer en Hom inspan om ons stuurjonge te wees
na geluk en self-gelding? Dan het ons ons nog nie aan Sy hand onderwerp nie – soos 'n hulpelose sieke wat
nêrens anders meer het om heen te draai nie, en net in afhanklikheid buig onder daardie uitgestrekte hand
wat aanraak en streel. 

Kén ons dié  hand van Jesus? 

Dit is nie 'n hand wat aan almal bekend is nie.
Net 'n uitverkore groep wat hulself  ‘kinders’ kan noem, ken en herken daardie koel aanraking op 'n koorsige voorkop, op 'n kloppende seer.
Net die onderworpe gesindheid van knieë wat voor Hom buig en bely : “As U wil…nie my wil nie…”,
herken die vreugde van Sy uitgestrekte greep met die blye bevestiging :
“Ek wil…nie jou wil nie, maar Myne.”

Ek vertrou dat dit nie nodig word vir baie van ons om eers 'n onbenydenswaardige 'melaatsheid' in een of
ander vorm op te doen, voordat ons na daardie heerlike hand gryp nie. Mag hierdie dae van baie siektes en
griepe en noodroepe, ons vinnig en effektief op ons knieë bring en ons laat inbuig onder die kragtige hand
van ons lieflike, magtige Meester!

Mag ons kinders en jongmense dit sien, en verlang na die reikwydte van Sy aanraking – van Sy hand alleen
Mag ons, en hulle, Sy aanraking so leer ken, dat dit vir ons genoeg word.





Tuesday, 1 July 2014

Wees versigtig en paraat met jou denke (2)

Nou ja, JV het die uitdaging aanvaar en haar 3-jarige begin oefen in begrip van sy denke. Presies wat hulle gedoen het, sê sy nie, maar die uitkoms kan julle breedvoeriger lees in haar comment op aflewering 1:


Na ek die post gelees het, het ons die week met Christiaan gesels daaroor. Ek het vir my man gese hy is nog nie 5 nie so hy sal nie alles verstaan nie maar ons oefen solank sy gedagtes...
Nou ja dis waarop ek en my man toe afkom: Groot sirkels met kleiner sirkels binne in die sirkels....En sy woorde is as volg : "Kyk ek het my en boetie en al my niggies en nefies se koppe geteken en binne-in ons dink-koppe! GROOT op ons slaapkamer muur! Soos ek vir my skoonsussies sê, ek was so dankbaar om te sien my kind het iets verstaan van die week se "les"...


(Net so tussen my en jou, Christiaan - daardie pak slae was oor en oor die moeite werd vir hierdie poging! Mag die waarheid oor jou dink-kop so in jou brein ingegraveer wees hierna, dat dit jou lanseer om insig te kry in die aktiewe hantering van jou lewe. Die tyd waarin ons leef, plaas kinders in outomatiese rat, waarmee hulle toelaat om, passief in hul denke, voortgesleep te word saam met die heersende rigting waarin die winde waai; of voortgesleep te word in 'n destruktiewe denk-patroon wat hulleself kweek en voed en waarvan hulle dan nie sonder 'n groot stryd weer ontslae kan raak nie.)

Om te vervolg waar ek opgehou het in aflewering 1 toe ek gesê het : "Om ons denke te beheer, moet ons net ietsie meer verstaan van die wonderlike meganisme en belangrikheid van die gedagtes (Engels MIND)."
Hier gaan ek dit probeer verduidelik in 'n skema.
(WARSKUWING : dis nie bedoel vir vlug-lees nie! Ons vrouens doen deesdae alles al hardlopende en meen ons kan so op belangrike waarhede ook fokus. Nee! Konsentreer, let op elke woord, dis uitgekies met 'n doel, en sorg dat jy dit verstaan en  jouself dan oefen om jou gedagtes te vul met selfs die detail. Jy gaan dit nodig kry in die toepassing van die waarhede, vir jouself en vir jou kinders, of andere wat jy langs die pad sal kan help.)
Dus :

(1) GEDAGTES  lei tot iets wat ek
(2) GLO.  Ek GLO dit net omdat ek van mening is dat dit WAAR is. Niemand glo immers iets wat hy meen 'n leuen is nie. En hierdie geloof lei tot iets wat ek op grond daarvan
(3) IS/DOEN (my aksies of dade)
                                                                                                                                                               
Dis die drie hoofstappe.
Kom ons rol hulle van agter af op, dan sien ons hoe dit in die praktyk vir ons werk, al is dit nie so meganies nie.

(3) Waarom doen ek wat ek doen? Waarom is ek bv so gedrewe/oorwerk/bekommerd/liefdeloos/vreesagtig/vol twyfel...?
(2) Want ek glo iets gaan gebeur/iets gaan nie gebeur nie/iets is waar,ens, wat my so laat optree. Wat laat my dit glo? Uiterlike gebeure mag die oorsaak wees, ja, maar my interpretasie daarvan - waar kom dit vandaan?
(1) Van 'n gedagte / 'n manier waarop ek daaroor dink, wat my ten opsigte daarvan posisioneer.

'n Skema het altyd sy beperkings, maar gelukkig ook sy voordele. Een daarvan is dat dit dinge vereenvoudig, en dis wat ons nodig het wanneer ons veral met ons kinders werk : eenvoud. En die vermoë om dit so oor te dra.

Ek hoop dit help met die volgende stap in die herkenning en oefening van gedagte-patrone.
Maar baie keer gly ons in die praktyk en vorder nie. Hoekom nie? Onder verskeie redes noem ek hier eers net twee:
(a) ons is te haastig - ons kultuur stel net belang in kits-oplossings, en nie in prosesse nie!
(b) tussen die drie hoofstappe, nl tussen stappe 1 en 2, en stappe 2 en 3, is daar telkens 'n stap wat ons maklik miskyk, maar wat aandag moet kry. Omdat ons hierdie tussen-in stappe nie raaksien en aktief aandag aan gee nie, besef ons nie hoe maklik hulle ons pootjie en goeie voornemens laat misluk nie.
Daaroor egter,volgende keer!